Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Gupta-huis dalk winskoop

’n Huis in die gegoede voorstad Saxonwold in Johannesburg wat aan die omstrede Gupta-familie behoort en waarin Tshepiso Magashule, die seun van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, gewoon het, word volgende week op ’n veiling verkoop.

Die huis kom ietwat verwaarloos voor en bied volgens die afslaers ’n gulde geleentheid om ’n huis in ’n gegoede woonbuurt teen ’n gunstige prys te bekom.

Magashule jr. is op 28 Oktober uit die huis gesit nadat hy hom maande lank daarteen verset het. Dit het die sakereddingspraktisyns se pogings om geld terug te kry om skuld aan krediteure te betaal, aansienlik vertraag.

Dié veiling op 18 November gaan gesamentlik deur Park Village Auctions (PVA) en GoIndustry DoveBid behartig word. Die huis maak deel uit van die bates van Confident Concept, een van verskeie Gupta-maatskappye wat in sakeredding geplaas is.

Clive Lazarus van PVA sê dit is die eerste van verskeie huise in Gupta-besit in Saxonwold wat onder die hamer gaan kom. “Ons wag tans op die instruksies van die sakereddingspraktisyns om die ander eiendomme van die hand te sit.” Een van die huise kom kompleet met sy eie helikopter-landingsplek.

Die huis in Avonwoldweg beslaan 1 119 m² en het ’n ingangsportaal, ’n sitkamer, ’n TV-kamer, ’n eetkamer, ’n kombuis, drie slaapkamers waarvan een ’n en suite-badkamer asook ’n bykomende badkamer het. Verder is daar ’n onderdak-patio, ’n swembad, ’n dubbelmotorhuis en huishulpverblyf. Die huis kom ietwat verwaarloos voor.

Lazarus sê die veiling verteenwoordig ’n gulde geleentheid om ’n huis in ’n gesogte woonbuurt teen ’n gunstige prys aan te skaf. “Volgens Property24.com kan woonhuise in die gebied vir enigiets tussen R3 miljoen en R20 miljoen verkoop.”

Omdat sekerheid teenwoordig moet wees, kan die huis slegs per afspraak besigtig word.

Die huis in die gegoede woonbuurt Saxonwold waarin Tshepiso Magashule gewoon het, word volgende week op ’n veiling verkoop.
Meer oor:  Saxonwold  |  Johannesburg  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.