Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Guptas se myne moet gou verkoop

Die Guptas se steenkoolbates moet voor 18 Junie ingevolge ’n gestruktureerde verkoopsproses met streng parameters van die hand gesit word.

John Taylor van GoIndustry DoveBid . . . “ ’n Streep is in die sand getrek.”

Die ondernemings is al in Februarie 2108 in sakeredding geplaas.

Die proses word gesamentlik deur GoIndustry DoveBid en Park Village Auctions (PVA) behartig.

Dié bates is die Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyne in Mpumalanga en die steenkooleindpunt by Richardsbaai.

Dit is die tweede keer dat die bates in die mark kom en hierdie keer het die sakereddingspraktisyns en die krediteure ’n ferm spertyd daar gestel vir die proses om afgehandel te wees.

“ ’n Streep is in die sand getrek en dit is nou die tyd vir belangstellende partye om hul aanbiedings in te dien,” sê John Taylor van GoIndustry DoveBid.

Hy sê aanbiedings moet die verkoopspan teen ten minste 5 Junie bereik.

* Vir meer inligting, bel Taylor by 082 416 3883 of stuur ’n e-pos aan john.taylor@liquidityservices.com.

* PVA kan by 011 789 4375 gebel word.

Meer oor:  Park Village Auctions (Pva)  |  Gupta  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.