Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Hier is die 10 duurste strate in SA

Eloffstraat is dalk die duurste straat in die Monopoly-bordspeletjie, maar die ware Jakob is eintlik ’n lowergroen laan in die Kaapse woonbuurt Constantia.

Heelparty van Suid-Afrika se duurste wonings is in die Kaapse woonbuurt Llandudno. Foto: Wikipedia

Luidens nuwe navorsing deur die eiendomsgroep Lightstone beloop die gemiddelde prys van ’n huis in Monterey-weg in Constantia byna R30 miljoen.

Dit maak dit die duurste straat in Suid-Afrika.

Lightstone het tot hierdie slotsom gekom deur te kyk na die prys van byna agt miljoen geregistreerde eiendomme oor die hele Suid-Afrika.

Al die huise in Suid-Afrika se duurste strate kos meer as R20 miljoen, het die eiendomsgroep gevind.

  • Die duurste woonbuurte is Llandudno in Kaapstad en De Bosch in Stellenbosch. Die gemiddelde huispryse daar is onderskeidelik R18,6 miljoen en R17,1 miljoen.
  • In Higgovale aan die hange van Tafelberg en Leeukop kos huise ’n gemiddeld van R15,2 miljoen.

Hoewel al hierdie peperduur woonbuurte in die Wes-Kaap is, verteenwoordig Gauteng byna 40% (oftewel R2 000 miljard) van die hele land se totale residensiële waarde.

Suid-Afrika se meer as 6,7 miljoen geregistreerde residensiële eiendomme is gesamentlik R5 400 miljard werd

Hier is die duurste strate in Suid-Afrika:

1. Monterey-weg, Constantia, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R29,88 miljoen

2. Ravine-weg, Bantrybaai, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R27,58 miljoen

3. Logiesbaai-weg, Llandudno, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R27,25 miljoen

4. Killarney-weg, Sandhurst, Johannesburg. Gemiddelde huisprys: R22,3 miljoen

5. Sunset-laan, Llandudno, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R21,53 miljoen

6. Glencoe-laan, Oranjezicht, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R21,5 miljoen

7. St. Louis-laan, Fresnaye, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R21,42 miljoen

8. Chesterfield-weg, Oranjezicht, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R21,1 miljoen

9. 5de Laan, Illovo, Johannesburg. Gemiddelde huisprys: R20,88 miljoen

10. Beauvais-laan, Bel Ombre, Kaapstad. Gemiddelde huisprys: R20,7 miljoen.

- Business Insider

Meer oor:  Lightstone  |  Constantia  |  Higgovale  |  Stellenbosch  |  Luukse Eiendom  |  Huismark  |  Huispryse  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.