Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Hier is SA se duurste strate
Jy sal maar moet lag en betaal vir dié uitsig vanuit ’n woonstel in Clifton.

Al tien die duurste ontwikkelings of strate in Suid-Afrika is in Kaapstad geleë.

Luidens New World Wealth se verslag oor welvaart in Suid-Afrika in die derde kwartaal is die duurste eiendom per vierkante meter The Ridge en Cliffweg in Clifton, Kaapstad, waar eiendom gemiddeld R96 000/m² kos.

Kampsbaai en Bakoven, wat as een woonbuurt getel word, het die grootste getal huise van meer as R20 miljoen, naamlik 200.

10 duurste strate landwyd

Luidens die verslag is die tien duurste strate per vierkante meter:

  • The Ridge en Cliffweg, Clifton: R96 000/m²
  • V&A Marina, Dockweg, Kaapstad: R90 000/m²
  • Victoriaweg, Clifton en Bantrybaai, Kaapstad: R88 000/m²
  • Netteltonweg, Clifton, Kaapstad: R86 000/m²
  • Cliftonweg, Clifton, Kaapstad: R84 000/m²
  • Kloofweg, Clifton en Bantrybaai, Kaapstad: R83 000/m²
  • St. Leon-laan, Bantrybaai, Kaapstad: R78 000/m²
  • De Wetweg, Bantrybaai, Kaapstad: R76 000/m²
  • Marinalaan, Bantrybaai: R76 000/m²
  • Ocean View-rylaan, Bantrybaai, Kaapstad: R75 000/m²

5 duurste strate buite Kaapstad

  • Michael Angelo- en Raphael-suites in Sandton: R45 000/m²
  • Beachyheadweg, Plettenbergbaai: R42 000/m²
  • Melrose Arch, Sandton: R36 000/m²
  • The Houghton, Sandton: R35 000/m²
  • Lagoon-rylaan, Umhlanga Rocks: R35 000/m²

10 duurste buurte in Suid-Afrika

  • Clifton, Kaapstad: R80 000/m²
  • Bantrybaai, Kaapstad: R75 000/m²
  • Fresnaye, Kaapstad: R60 000/m²
  • Kampsbaai en Bakoven, Kaapstad: R56 000/m²
  • Llandudno, Kaapstad: R54 000/m²
  • Groenpunt, Grangerbaai en Mouillepunt, Kaapstad: R47 000/m²
  • Stadskom*, Kaapstad: R45 000/m²
  • Sandton-sakekern: R36 000/m²

Dit sluit Higgovale, Oranjezicht, Tamboerskloof en die V&A Marina in.

Suid-Afrikaanse buurte waar pryse die vinnigste groei

  • Seepunt en Drieankerbaai, Kaapstad
  • Illovo, Sandton
  • Parkhurst, Johannesburg
  • Noordhoek, Kaapstad
  • Franschhoek
  • Nature’s Valley, Suid-Kaap
  • Zinkwazi, noordkus van KwaZulu-Natal

Buurte met die meeste huise van meer as R20 miljoen

  • Kampsbaai en Bakoven, Kaapstad: 200
  • Plettenbergbaai: 130
  • Clifton, Kaapstad: 110
  • Sandhurst, Johannesburg: 110
  • Umhlanga en La Lucia, KwaZulu-Natal: 110
  • Constantia en Tokai, Kaapstad: 100
  • Hyde Park, Johannesburg: 100
  • Houghton, Johannesburg: 100
  • Knysna: 100
  • Bishopscourt, Kaapstad: 90
  • Stellenbosch: 90
  • Bantrybaai, Kaapstad: 80
  • Fresnaye, Kaapstad: 80
  • Die Paarl: 80
  • Franschhoek: 70
  • Westcliff, Johannesburg: 60
  • Ballito (sluit Zimbali-landgoed in): 60
  • George (sluit Fancourt-landgoed in): 50
  • Llandudno, Kaapstad: 40
Meer oor:  New World Wealth  |  Sandton  |  Franschhoek  |  Clifton  |  Stellenbosch  |  Luukse Eiendom  |  Kaapse Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.