Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Hoewe naby Stilbaai opgeveil

’n Kleinhoewe met rivier-uitsigte en ’n goeie moontlike huurinkomste naby Stilbaai aan die Tuinroete, word later in Desember deur BKB Eiendomme opgeveil.

Dié kleinhoewe, Olive Grove, beslaan 9 ha en is naby die Goukourivier, slegs sowat 2 km vanStilbaai af, geleë.

Die huis op die kleinhoewe naby Stilbaai, wat maklik in ’n bed-en-ontbyt-onderneming omgeskakel kan word.

Olive Grove spog met goeie verbeterings, waaronder ’n rietdak-herehuis van sowat 660 m² met twee verdiepings.

Die huis het vyf slaapkamers, vier badkamers, ’n gastetoilet, ’n oopplan-kombuis-en-sitkamer, ’n spens en ’n opwasgedeelte.

Daar is ook ’n groot onthaalgebied met ’n binnebraai, ’n kantoor met ’n instapkluis en ’n sitkamer op die boonste verdieping.

Die kleinhoewe het oorgenoeg parkering en bied drie motorhuise. Voldoende water is beskikbaar, asook outomatiese besproeiing. Die eiendom het driefase-Eskomkrag en ’n noodkrag-opwekker.

Die hoewe het ook ’n kothuis van 132 m² met twee slaapkamers, twee badkamers, ’n oopplan-kombuis-en-sitkamer, ’n groot stoep en ’n enkelmotorhuis.

Verder is daar drie stoorgeboue van onderskeidelik 700 m², 245 m² en 60 m².

Met al die pluspunte en pragtige uitsig op die rivier, asook die nabyheid aan die toeristetrekpleisters van die Tuinroete en Suid-Kaapse strande, bied Olive Grove vele beleggingsmoontlikhede vir die fynproewer, sê BKB Eiendomme.

Dit kan maklik in ’n bed-en-ontbyt-onderneming omgeskakel word.

Die veiling word op 20 Desember om 11:00 op die perseel gehou. Dit kan op Saterdag 15 Desember van 11:00 tot 14:00 besigtig word en per afspraak.

  • Vir meer inligting, bel Willie van Rensburg by 083 261 7641, Albie Loubser by 082 573 9902 of die BKB-kantoor by 021 872 6533. Stuur e-pos na willie.vanrensburg@bkb.co.za.
Meer oor:  Stilbaai  |  Eiendomme  |  Kleinhoewe  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.