Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Hongkong wil eiland vir behuising bou
Die uitsig oor Hongkong vanaf Victoria-piek net buite die stad. Foto: Argief

Die behuisingstekort in Hongkong is nou so groot dat die owerhede beplan om ’n kunsmatige eiland te skep waarop blyplekke gebou sal kan word.

Hongkong is in die 11de plek op Business Insider se lys van die 18 duurste stede ter wêreld om in te woon.

Financial Times berig Carrie Lam, Hongkong se regeringshoof, het Woensdagoggend in haar beleidsrede onthul daar word beplan om ’n eiland te skep waarop tot 400 000 wooneenhede gebou sal kan word. Die regering beplan om 1 700 ha grond oos van Lantau-eiland te herwin. Na verwagting sal tussen 700 000 en 1 miljoen mense oor die volgende twee tot drie dekades dié eiland hul tuiste kan maak.

Werk aan die Lantau-toekomsvisieprojek gaan egter na verwagting eers in 2025 begin. Die eerste huise sal waarskynlik teen 2032 voltooi wees.

Volgens Demographia se jaarlikse peiling oor die bekostigbaarheid van behuising vir middelklas-huishoudings, is huise in Hongkong die mins bekostigbare vir dié groep. Die Financial Times het in Julie verlede jaar berig die gemiddelde prys van ’n nuwe huis in Hongkong beloop sowat $1,8 miljoen (sowat R26 miljoen teen die huidige wisselkoers).

Die gemiddelde grootte van ’n woonplek in Hongkong is volgens dié publikasie slegs 57 m². Eenhede wat ’n skamele 12 m² beslaan word vir $191 000 (sowat R3 miljoen) verkoop.

Dit sal nie die eerste keer wees dat kunsmatige eilande vir behuisingsdoeleindes gebou word nie. Dubai is bekend vir soortgelyke eilande – waarvan een in die vorm van ’n palmboom gebou is.

Meer oor:  Hongkong  |  Lantau-Toekomsvisieprojek  |  Eiendomme  |  Behuising
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.