SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Eiendomme
Horlosie behaal allemintige R462 m. op veiling
Die twee verskillende gesigte van die Patek Philippe-horlosie wat vir $31 miljoen verkoop is. Foto: Christie’s

Maak nie saak wat jy vir jou horlosie betaal het nie, dit was nie baie nie.

Nie as jy dit met die Patek Philippe Grandmaster Chime genaamd The Only One vergelyk nie.

Bloomberg berig dié Switserse meesterstuk is die afgelope naweek vir ’n enorme $31 miljoen (sowat R461,84 miljoen) verkoop.

Dit is die meeste waarvoor ’n horlosie tot nog toe verkoop is, berig dié nuusdiens.

Boonop is dit in minder as vyf minute nadat voornemende kopers kon begin bie, deur die afslaer Christie’s van die hand gesit.

Die horlosie is verkoop tydens die Only Watch-veiling wat in Genève, Switserland, gehou is.

Luidens die brosjure vir die veiling word 99% van die opbrengste van dié veiling geskenk om navorsing oor Duchenne-spierdistrofie te doen. Die ander 1% word vir administrasie gebruik.

Al die horlosies wat op dié veiling verkoop word, is uniek.

Wat The Only One uniek maak, is nie net dat dié naam op die horlosie se gesig self verskyn nie, maar dat hy twee gesigte het.

Die draer kan dus kies of hy ’n sagter pienk gesig wil hê of eerder ’n meer dramatiese swarte.

Boonop het die horlosie 20 verskillende funksies.

Die vorige rekord wat betref horlosies was $17,8 miljoen wat in 2017 betaal is vir ’n Daytona Rolex wat voorheen aan die akteur Paul Newman behoort het.

Die Only Watch-veiling is in 2005 deur Luc Pettavino, voormalige uitvoerende hoof van die seiljagklub in Monaco, gestig. Sy seun is dood weens spierdistrofie.

The Only Watch is nie die enigste Patek Philippe wat na verwagting dié maand groot geld gaan inbring nie.

Christie’s hou aan die einde van die maand ’n veiling in Hongkong waar ’n Patek Philippe van die 1950’s te koop sal wees. Daar word verwag dié horlosie kan vir tot soveel as $14 miljoen verkoop word.

Meer oor:  Christie's  |  Horlosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.