Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huis in die mark? Vervang ou matte, verf mure
Volvloermatte in die hele huis is nie meer so gewild soos voorheen nie. Foto: Pixabay

Om klein veranderinge aan te bring aan verouderde aspekte van jou huis – soos ou matte en helder muurkleure – kan baie help om potensiële kopers te lok en jou huis vinniger te verkoop te kry.

Luidens ’n verklaring deur die agentskap Lew Geffen Sotheby’s In­ter­na­tion­al Realty is dit iets wat huiseienaars in ag moet neem as hulle wil verkoop.

In die verlede was goed soos avokadogroen kombuise, badkamers met matte en mure wat met spons geverf is, stylelemente wat by huiskopers aanklank gevind het.

Huisdekor het intussen verander en kan maklik die tyd wat jou eiendom in die mark is, beïnvloed.

Volgens Sandy Geffen, die uitvoerende direkteur van Sotheby’s International Realty, kan jy deesdae amper enige tipe huis wat jou verbeelding kan optower, in die mark aantref.

“Daar is ’n nou verband tussen hoe uniek ’n eiendom is en die grootte van die poel potensiële kopers – ’n poel wat aansienlik krimp hoe hoër die eiendom op die skaal van ‘interessante eiendomme’ is,” verduidelik sy.

“Bygesê, ongewone eienskappe kan ook ’n groot aantrekkingskrag hê.”

Huise wat min instandhouding verg en gerief bied, raak vir kopers belangrik. Mense wil tuine hê wat min instandhouding vereis. Hulle verkies deesdae ook boorgate bo swembaddens, lui die verklaring.

“Eenvoudige goed soos ’n nuwe laag verf en om die handvatsels van krane en kaste te vervang, kan ’n aansienlike verskil aan die finale verkoopprys maak, sowel as aan hoe lank dit duur om die eiendom te verkoop,” sê Geffen.

Sy stel voor dat huiseienaars die belegging teen die potensiële opbrengs opweeg. As die verandering wat jy oorweeg die verkoopsprys met ’n paar duisend rand kan opstoot, is dit die moeite werd.

Wat maak huis vir kopers aantreklik?

  • Erkers (uitgeboude vensters)
  • Balkonne op die regte plekke
  • Ekstra hoë plafonne
  • Versteekte wynkelders
  • Vermaakgebiede
  • Luukse spa-badkamers
  • Stoepdeure wat toevou
  • Gehalte toonbanke en kaste
  • Marmertoonbanke
  • Minimalistiese badkamers
  • LED-ligte
  • Sonkragverwarmers
  • Watertenks
  • Oopplanleefruitmes
  • Natuurlike lig
  • Omgewingsvriendelike stelsels wat water en krag bespaar

Aspekte wat die verkoop van jou huis kan bemoeilik is:

  • Groot tuine
  • Siersteen
  • Rooi teëldakke
  • Motorhuise wat ver van die huis af is op die erf
  • Helder verf op die mure
  • Matte regdeur die huis
  • Muurpapier
Meer oor:  Instandhouding  |  Huis Verkoop  |  Huisverbeterings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.