Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huis met baie moontlikhede

Hierdie voltitelhuis is een van net drie een­hede wat in ’n addisionele afgesperde gebied in Waterkloof Palms Estate in Waterkloof geleë is.

Dié huis in Waterkloof kan onderverdeel en uitverhuur word.

Die ontwerp van dié huis leen hom daartoe dat dit gebruik kan word as ’n drieslaapkamerhuis met drie en suite-badkamers. Of alternatiewelik kan die huis onderverdeel word in drie verskillende eenhede, elkeen met sy eie ingang.

Die keuse is joune: Woon in die huis en verhuur twee eenhede uit. Of gebruik dit as jou gesinswoning met ’n kamer en badkamer vir elke kind. Wat ’n uitstekende belegging!

Een van die badkamers.

Die huis bestaan dus uit twee vlakke. Op die boonste grondvlak vind jy die oopplan-leefareas, naamlik die ingangsportaal, eetkamer en formele sitkamer. Daaruit vloei ’n heerlike, gesellige TV-kamer wat op sy beurt op ’n knus balkon met ’n ingeboude braaiplek uitloop.

Menige gesellige ure kan hier deurgebring word, terwyl jy uitkyk op die lowerryke tuin. Die binne-areas is ruim met voldoende beligting en ventilasie.

Ook op dié vlak is die hoofslaapkamer van die huis geleë. Die skuifdeure loop uit op ’n oulike Juliet-balkon.

Daar is meer as genoeg ingeboude kaste en die en suite-badkamer is modern met ’n tikkie nostalgie daarby.

’n Tweede gastetoilet is ook reg langs die hoofslaapkamer geleë.

Die kombuis met ’n aparte opwas­area rond die prentjie af.

Die onderste vlak van die huis bestaan uit twee slaapkamers met twee en suite-badkamers, asook ’n klein kombuisie en die televisie- en eetkamer.

Hierdie woongedeeltes kan van binne die huis of van buite bereik word. Dit vorm deel van die hoofhuis bo, of anders kan dit individueel afgesluit en uitverhuur word.

Jy kan ná werk in die gevestigde tuin ontspan en die rustigheid van die kabbelende fonteine geniet.

Wat meer kan jy vra? 

Die groot hoofslaapkamer.
Die stoep.
’n Knus TV-kamer en kuierarea.
’n Ruim sitkamer vir baie vriende.

Meer oor:  Huiskoop  |  Huis  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.