Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huis met baie potensiaal opgeveil

’n Groot eiendom met ’n woonstel en verskeie inkomste-genererende kamers in Jukskeipark in Randburg word volgende week deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.

Dié groot eiendom in Jukskeipark in Randburg beslaan 3 448 m² en die verbeteringe is ongeveer 502 m². Dit kan selfs as ’n bed-en-ontbyt-onderneming bedryf word.

Die eiendom het ’n groot huis wat in twee dele verdeel is.

Die hoofhuis bestaan uit ’n kombuis, ’n sitkamer, ’n onthaalkamer met ’n ingeboude kroeg en ’n braaiplek, vier slaapkamers en twee badkamers.

Daar is oop- en onderdak-patio’s wat lei na die swembad en uitkyk op die Klein Jukskeiri-vier, wat aan die agterkant van die eiendom verbyloop.

Die ander deel van die huis bestaan uit ’n ruim tweeslaapkamerwoonstel. Die eiendom het verder ook sewe enkelkamers met gemeenskaplike badkamers en ’n kombuisarea in ’n vrystaande gebou, wat sy eie ingang het.

Jaco du Toit van PVA sê die eiendom het al die eienskappe om die potensiaal vir ’n bykomende inkomste te ontgin.

Hy sê dit kan aan individuele huurders verhuur word, as ’n kommune gebruik word en selfs as ’n bed-en-ontbyt-onderneming bedryf word.

Die eiendom beslaan 3 448 m² en die verbeteringe is sowat 502 m². Dit sluit huiswerkerverblyf in.

Die eiendom word op 14 Maart 11:00 op die perseel in Juweelstraat opgeveil. Besigtiging is per afspraak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.