Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huiskopers haal nou kleiner deposito uit
huissleutel
Baie mense wat die eerste of tweede keer huis koop, kry deesdae weer ’n 100%-verband.

Banke verwelkom op die oomblik kredietwaardige huiskopers met ope arms. Hulle keur lenings goed op vlakke wat 12 jaar gelede laas gesien is, sê die verbandvergelykingsfirma Ooba.

Ooba se statistieke vir die derde kwartaal van 2019 lig uit:

  • Banke vereis nou gemiddeld ’n kleiner persentasie van die koopprys as ’n deposito. Vir alle huiskopers het dit gekrimp van 13% in die tweede kwartaal tot 11,5% in die derde. Die gemiddelde deposito vir mense wat vir die eerste keer huis koop, het van 10,6% tot 9,1% gedaal.
  • Die gemiddelde rentekoers op ’n verband het gedaal van prima plus 0,16 van ’n persentasiepunt in die tweede kwartaal tot prima (10%) in die derde kwartaal. Gegewe dat die prima rentekoers middel Julie verlaag is, beteken dit die gemiddelde rentekoers op ’n verband het skerp gedaal, van 10,41% (10,25 + 0,16) tot 10%.
  • Huispryse stagneer. Volgens Ooba het die gemiddelde huisprys bykans onveranderd gebly op ’n jaargrondslag (dus vergeleke met die derde kwartaal van 2018) op R1 193 601.
  • Die gemiddelde ouderdom van mense wat vir die eerste keer huis koop, is 35. Dit verskil nie veel van die gemiddelde ouderdom van 38 van alle voornemende kopers wat vir ’n verband aansoek doen nie.

Volgens Ooba is banke weer meer gewillig om ’n 100%-verband toe te staan, sowel aan mense wat vir die eerste as die tweede keer koop. Daar is ook banke wat weer oordrag- en registrasiekoste by die finansieringsaanbod insluit.

Meer oor:  Ooba  |  Huismark  |  Huisverband  |  Huiskoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.