Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huismark: Wanneer verval ’n koopaanbod?
Sodra ’n koopaanbod deur ’n verkoper onderteken word, word dit ’n regsgeldige koopkontrak. Foto: iSTOCK

Kopers wat die regte huis gevind het, wil graag weet of hul aanbod deur die verkoper aanvaar is en of hulle ’n ander huis moet gaan soek.

Om nie te weet nie, kan frustrerend wees. Dit lei tot die vraag: Hoe lank bly ’n koopaanbod geldig voordat dit verstryk?

Volgens Adrian Goslett, streekbestuurder en bestuurshoof van Re/Max van Suider-Afrika, is daar vier faktore wat kan bepaal wanneer ’n aanbod verstryk.

  

1. Verloop van tyd

Op ’n standaard-koopaanbod moet die voornemende koper invul hoe lank hy of sy bereid is om die aanbod op die tafel te laat.

Die verkoper sal dan tot op daardie datum wat die voornemende koper gespesifiseer het, kans hê om op die aanbod te reageer.

Goslett wys daarop dat daar wel gevalle is waarin geen datum gespesifiseer is nie. In sodanige gevalle sal die aanbod na wat as ’n “redelike tydperk” beskou word, verstryk, sê hy.

Wat as redelik beskou word, sal van die omstandighede van elke party in die ooreenkoms afhang.

Enige dubbelsinnigheid kan op die lange duur tot konflik lei en daarom is dit beter om ’n spesifieke datum in die aanbod te stipuleer, sê Goslett.

  

2. Die aanbod word teruggetrek

Sodra ’n koopaanbod deur ’n verkoper onderteken word, word dit ’n regsgeldige koopkontrak.

Voordat die verkoper egter die aanbod aanvaar, kan dit deur die koper teruggetrek word, mits dit nie in die kontrak gestipuleer is dat die aanbod vir ’n bepaalde tydperk “onherroeplik” is nie.

Laasgenoemde tydraamwerk moet onder die verkoper se aandag gebring word.

  

3. Die verkoper wys dit van die hand

Die aanbod word onmiddellik beëindig as die verkoper dit van die hand wys. Die verkoper mag nie teruggaan op sy besluit en die aanbod aanvaar nadat hy dit van die hand gewys het nie.

As die verkoper die koper se aanbod teenstaan, sê Goslett, word dit beskou as ’n verwerping van die koper se oorspronklike aanbod.

“As die verkoper die bedrag wat die koper op die aanbod geskryf het, deurhaal en ’n hoër bedrag inskryf en sy voorletters by die verandering aanbring, word dit as ’n teenaanbod beskou.

“As die koper besluit hierdie bedrag is te hoog en hy aanvaar nie die teenaanbod nie, verstryk die aanbod.

“Die verkoper sal dan nie die koper se vorige aanbod kan aanvaar nie – ’n nuwe ooreenkoms sal opgestel moet word.”

  

4. Dood van enige van die partye

As die koper of verkoper te sterwe kom nog voordat die aanbod aanvaar is, sal die aanbod verstryk.

In die geval waar ’n aanbod onderteken en aanvaar is, sal alle regte en gelde wat uit die kontrak voortspruit na die oorledene se boedel oorgedra word.

Meer oor:  Remax  |  Eiendomme  |  Huiskoop  |  Kontrak  |  Huis Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.