Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huispryse in Wes-Kaap voel die droogte

Die droogte begin dalk rem aan die styging in Wes-Kaapse huispryse.

Dié provinsie se huispryse groei die vinnigste in die land, maar in die derde kwartaal van vanjaar was die prysgroei weer eens stadiger as in die vorige kwartaal.

Volgens FNB se eiendomsbarometer was die gemiddelde huisprysgroei die Wes-Kaap 4,3% in die derde kwartaal – stadiger as die 5,2% van die vorige kwartaal. Dis ook aansienlik stadiger as die hoogtepunt van 11,1% wat in die eerste kwartaal van 2016 aangeteken is.

Vir die eerste keer sedert 2013 het die Wes-Kaap nie meer die snels groeiende huisprysindeks nie. Huispryse in KwaZulu-Natal het in die derde kwartaal met gemiddeld 5% gegroei.

“Hoewel huispryse in Kaapstad self nog fluks groei, is daar ’n swakte in die res van die mark buite die metro,” sê John Loos, huishouding- en eiendomstrateeg van FNB.

Die gemiddelde huisprysgroei in die Moederstad was 8,4% in die derde kwartaal, die beste van al ses metro’s wat deur die eiendomsbarometer gemeet word. Selfs hierdie prestasie is nie so goed soos die gemiddelde groei van 11,3% wat in die eerste kwartaal van 2016 aangeteken is nie.

Maar in die res van die provinsie begin die pryse uitsak in dorpe wat van landbou afhanklik is. Die indeks wat die gemiddelde groei in huisprys in die res van die provinsie meet, het tot net 0,7% teruggesak. Dié gemiddelde het aan die begin van laas jaar nog op 11,3% gestaan – dieselfde groeivlak as die metro s’n.

Daar kan egter nóg ’n rede wees waarom die pryse begin daal.

“Ons verwag al ’n rukkie dat die gemiddelde huisprysgroei in die Wes-Kaap moet verlangsaam, want die sterk groei het dit al moeiliker vir kopers gemaak om huise te bekostig,” sê Loos.

Tog blyk dit dat die gebiede buite die metro nie sulke sterk ekonomiese groei die afgelope paar maande beleef soos die metro nie.

“Baie van die plattelandse dorpe word deur uiterste droogte in die gesig gestaar terwyl die brande in die Suid-Kaap ook ’n impak op die plaaslike ekonomie en die koopkrag van sy mense het.”

Dít plaas ’n demper op vertrouensvlakke en kopers raak dan meer versigtig, sê Loos.

Die metro het ook ’n ander voordeel bo die provinsie se vakansiedorpe. Die meeste van die huise in Kaapstad is mense se primêre wonings, terwyl die kusdorpe weer deur vakansiehuise oorheers word.

“In moeiliker ekonomiese tye hou die pryse van vakansiewonings nie by met dié van primêre wonings nie,” verduidelik Loos.

Meer oor:  Fnb  |  John Loos  |  Wes-Kaap  |  Kaapstad  |  Kwa-Zulu Natal  |  Huisprysindeks  |  Kaapse Eiendom  |  Huisprysgroei  |  Huispryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.