Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huispryse wys dalk resessie sleep voort
Huispryse styg nou al ’n jaar lank met minder as die inflasiekoers. Grafika: iStock

Die huismark voorspel op die oomblik niks goeds vir die ekonomie nie.

Volgens John Loos, FNB se huishoudelike en eiendomstrateeg, daal huispryse nou al drie maande agtereenvolgens (vergeleke met die vorige maand). Dit is ’n betreklik betroubare aanwyser dat die ekonomie aan die sukkel is – wat kan beteken dat Suid-Afrika die derde agtereenvolgende kwartaal ingekrimp het.

Die drie maande is vir April tot Junie. Statistieke Suid-Afrika reik eers in September die bruto binnelandse produk vir die tweede kwartaal uit. Die ekonomie het reeds in die laaste kwartaal van 2016 en in die eerste kwartaal van 2017 ingekrimp, wat beteken die land is reeds in ’n tegniese resessie.

Gemiddelde huispryse was wel in Junie hoër as ’n jaar gelede in nominale randwaarde, maar net 3,6%. Dit is die sesde maand ná mekaar dat huispryse vinniger groei.

Gegewe dat inflasie op die oomblik meer as 5% beloop, beteken dit egter dat huise nou reeds ’n jaar lank met minder as inflasie styg en in beleggingsterme vir eienaars ’n verlies ly.

Die inflasiekoers vir Junie is nog nie bekend nie. In Mei was die reële groei in huispryse (dus nadat inflasie afgetrek is) -2%. In April was dit -2,1%.

Volgens Loos word nagenoeg 10,2% van alle huise op die oomblik vir minder verkoop as waarteen dit gekoop is (selfs voordat inflasie verreken is).

Meer oor:  Fnb  |  John Loos  |  Huisprysindeks  |  Huisprysgroei  |  Huismark  |  Huispryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.