Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Só verbeter jy jou kanse om huisverband te kry

Dit is een ding om die perfekte huis te kry, maar dit kan soms ’n regte tameletjie wees indien jy om ’n huisverband aansoek moet doen om jou drome te bewaarheid. Die eiendomsagent Meyer Swanepoel, wat dit elke week op VIA teen Margot van Wyk in die nuwe werklikheidsprogram Kyk of koop? uitspook om die regte huise vir kopers op te spoor, deel ’n paar wenke om die huisverband-kopseer te verminder. 

   

Meyer Swanepoel

Die bekostigbaarheid van ’n eiendom het ’n groot invloed op ’n huisverbandaansoek. Maak dus seker dat jy en jou gesin na ’n eiendom kyk wat binne julle finansiële bereik is.

Hiermee ’n paar wenke as jy om ’n huisverband gaan aansoek doen:

Maak seker dat jou inkomste minstens 30% van die verband kan dek. Dit beteken nie noodwendig dat dit altyd genoeg gaan wees nie, aangesien skuld ’n groot rol speel. 

 As jy te veel skuld oor die jare gemaak het, gaan die bank nie jou aansoek goedkeur nie. Ek stel dan voor dat jy eerder met ’n verbandbemiddelaar werk. Jy het dan ’n 20% beter kans om jou verbandaansoek goedgekeur te kry.

Hulle bepalings en voorwaardes is ook altyd beter en dit kan jou lewe ’n bietjie makliker maak.

Kyk mooi na jou lewensomstandighede. Oorweeg om moontlik nader aan jou werkplek te trek om geld op vervoerkostes te bespaar. Probeer bespaar deur jou maandelikse uitgawes te verminder. Dit is altyd goed om ’n groter deposito op ’n huis neer te sit.

 Stel vir jou en jou huisgesin ’n jaarlikse begroting op wat alle moontlike uitgawes monitor. Só kan jy bepaal of jy in staat sal wees om selfs in die swaar finansiële maande jou huisverbandpaaiemente te betaal.

Maak seker dat jy ’n spaarfonds het wat jou en jou gesin in noodgevalle kan help of tye wanneer julle begroting knap is. Maak ook ’n lys van jul uitgawes en dit wat julle inkry. 

Daardie balansstaat moet deurlopend bygehou word. 

As ’n huisverband te spanningsvol vir jou klink, kan dit dalk wys wees om te probeer spaar en jou volgende eiendom kontant (of minstens gedeeltelik kontant) te koop.
Kyk eerder na wat jy kan bekostig en watter eiendom prakties en haalbaar vir die gesin is.

Maak seker dat jy oor die regte bepalings rakende jou huisverband besluit. Onthou: Jou doelwit moet wees om jou eiendom so gou moontlik af te betaal. Hou ’n ogie op die rentekoerse en beplan daarvolgens die tydperk waarbinne jy jou eiendom wil afbetaal. 

HOU DOP
Nuwe episodes van Kyk of koop? word Maandae om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai en die heruitsendings is Saterdae om 16:00. Hou Eiendomme en Netwerk24 vir die duur van die program dop vir meer interessante eiendomsnuus en -wenke deur Meyer Swanepoel en Margot van Wyk.

Meer oor:  Huiskoop  |  Wenke  |  Huisverband  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.