Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Hyprop-hoof na Redefine Europe

Pieter Prinsloo, uitvoerende hoof van die winkelsentrumreus Hyprop, is aangestel as die nuwe hoof van Redefine Europe, wat in Nederland gesetel is.

Pieter Prinsloo, nuwe uitvoerende hoof van Redefine Europe

Prinsloo het 21 jaar se ervaring op sy kerfstok, waarvan 14 jaar in twee sewejaartydperke as Hyprop se uitvoerende hoof was – van 2002 tot 2009, en weer vanaf 2011.

Andrew König, uitvoerende hoof van Redefine, sê die nuwe pos is genoodsaak omdat Redefine verder geografies diversifiseer deur regstreekse investering in Sentraal- en Oos-Europa, spesifiek deur die onlangse regstreekse belegging in die logistieke eiendomsmark in Pole.

Hy is in sy noppies met die aanstelling van Prinsloo en sê hoewel Redefine sal voortgaan om ten nouste met sy plaaslike vennote saam te werk, Prinsloo in Nederland gesetel sal wees waar hy verantwoordelik sal wees vir alle aspekte van Redefine se belange in sy Europese beleggings.

“Ons verkies ’n persoon wat midde-in die aksie kan wees teenoor die huidige bestuur vanaf Suid-Afrika.”

Redefine het onlangs ’n 95%-belang in ’n portefeulje van nege logistieke eiendomme in Pole teen R2,9 miljard gekoop. Die groep het ook ’n vyfjaar-prioriteitsreg-ooreenkoms vir ’n pypleiding van 24 pakhuis- en logistieke ontwikkelings met Panattoni aangegaan. Panattoni is ’n markleier in die verhuring en ontwikkeling van logistieke eiendomme in Europa. Redefine het die reg om die eiendomme te koop, maar is onder geen verpligting nie.

Redefine het verlede jaar ’n strategiese belang van 25% in die Chariot Top Group teen R907,9 miljoen gekoop, wat hom regstreekse toegang tot ’n kleinhandelportefeulje van 28 bates oor Pole heen gee. Voor dit het Redefine ’n meerderheidsbelang in EPP gekoop, die grootste eiendomstransaksie nóg in Pole, asook die grootste enkele Suid-Afrikaanse transaksie nog in Sentraal-Oos-Europa.

Prinsloo gaan die nuwe pos vanaf 1 Februarie 2019 beklee.

Hy sien daarna uit om in die Oos-Europese eiendomsmark betrokke te wees en glo ondanks die uitdagings is daar uitstekende geleenthede.

Hy was ook instrumenteel in Hyprop se uitbreiding in Suid-Oos-Europa.

Prinsloo se pos by Hyprop sal deur Morné Wilken, die huidige uitvoerende hoof van MAS Real Estate, gevul word. Hy was vantevore die uitvoerende hoof van Attacq.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.