Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Illovo kry ontwikkeling van R2 mjd.

Die Wanderers-gholfklub in vennootskap met Investec Property wil ’n ontwikkeling vir gemengde gebruik van R2 miljard in Illovo die lig laat sien.

’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die nuwe gemengdegebruik-ontwikkeling in Illovo gaan lyk. Die ontwikkeling word in ’n vennootskap tussen die Wanderers-gholfklub en Investec Property onderneem.

Illovo is strategies tussen die sentrale sakegebiede van Rosebank en Sandton geleë.

Die unieke ontwikkeling vir woon, werk en ontspan gaan ononderbroke uitsigte bied op 50 ha van een van Johannesburg se oudste gholfbane.

Dit gaan die bestaande Wanderers-gholfklub-klubhuis en parkeerarea inkorporeer en die gholfbaan gaan gedeeltelik herontwerp en beduidend opgeknap word.

Die voorgestelde ontwikkeling gaan kantoorruimte, luukse residensiële eenhede, kleinhandelafsetpunte en eetplekke insluit.

Dit is ’n opwindende geleentheid wat die langtermynvolhoubaarheid van die Wanderers-gholfklub verseker.

“Die integrasie van die nuwe kontemporêre klubhuis en die herontwerpte gholfbaan by die treffende ontwikkeling sal aanklank vind by die jonger generasie gholfspelers wat in die noordelike voorstede van Johannesburg woon, sowel as bestaande klublede,” sê Brian Biebuyck, voorsitter van die Wanderers-gholfklub.

Robin Magid, ’n direkteur van Investec Property, sê die groep het saam met die skeppendste breine in die bedryf gewerk om met ’n volhoubare, tegnologies-gevorderde ontwikkeling vorendag te kom.

Die ontwikkeling is op 31 Augustus amptelik aan die gang gespit.

Meer oor:  Wanderers-Gholfklub  |  Brian Biebuyck  |  Illovo  |  Ontwikkeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.