Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
In watter provinsie groei huispryse die stadigste?
Volgens FNB se jongste huisprysindeks het huispryse in April stadiger gegroei teen 3,4% op ’n jaargrondslag teenoor die groei van 3,5% in Maart.

Huispryse nasionaal het in die eerste kwartaal op ’n jaargrondslag met 3,6% gestyg – maar veral een provinsie het die nasionale syfer afgetrek.

Volgens FNB se jongste huisprysindeks het huispryse in April stadiger gegroei teen 3,4% op ’n jaargrondslag teenoor die groei van 3,5% in Maart.

Siphamandla Mkhwanazi, ’n ekonoom van FNB, sê die inligting wys daar is steeds ’n ooraanbod in die mark, maar die pas waarteen eiendom op die mark kom, het in die afgelope maande begin verlangsaam. “Dit dui daarop dat verkopers hul eiendom terughou te midde van die lae vraag na eiendom.”

Dít het egter nog nie vraag en aanbod in balans gebring nie en die mark is steeds meer gunstig vir kopers.

So vaar provinsies in die eerste kwartaal

* Huispryse in die Oos-Kaap het in die eerste kwartaal teen 5,7% op ’n jaargrondslag die sterkste groei onder al die provinsies aangeteken. Dit is effens beter as die 5,2%-groei in die vierde kwartaal van 2018.

Volgens Mkhwanazi stem dit ooreen met ’n peiling onder eiendomsagente wat dui op ’n minder ernstige wanbalans tussen vraag en aanbod in die provinsie. Die gemiddelde tydperk wat ’n eiendom op die mark is, is 12 weke vergeleke met die langer nasionale gemiddelde van 15 weke.

* Die tweede vinnigste groei is in die Wes-Kaap gekry waar pryse teen 4,6% op ’n jaargrondslag gestyg het. Dit is effens laer as in die vierde kwartaal van 2018.

Mkhwanazi sê die herlewing in die Wes-Kaapse pryse het momentum verloor. Huise in Kaapstad is gemiddeld 11 weke op die mark.

* Gauteng het in die eerste kwartaal die swakste vertoon met huisprysgroei wat tot 1,3% op ’n jaargrondslag verlangsaam het. Dit is die laagste groei sedert die tweede kwartaal van 2017.

Die wanbalans in aanbod en vraag is erger in Johannesburg en daar is huise gemiddelde 16 weke op die mark. Pretoria het ’n meer gesonde vraag na huise. Huise hier is gemiddeld agt weke op die mark – die kortste tydperk vir alle stede in die land.

* In KwaZulu-Natal het huisprysgroei die afgelope nege maande verlangsaam. In die eerste kwartaal het huispryse teen ’n matige 2,4% op ’n jaargrondslag gestyg vergeleke met 3,7% in die vierde kwartaal. In Durban bly huise gemiddeld 23 weke op die mark.

Mkhwanazi sê ’n hupstoot in verbruikersentiment ná die verkiesing kan dalk die vraag na huise aanspoor, maar dit sal ’n ruk neem voordat dit gesien word in vinniger huisprysgroei weens die ooraanbod in die mark.

Meer oor:  Huisprysindeks  |  Belegging  |  Huispryse  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.