Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ingenieurs se baas geskors

Die Ingenieursraad van Suid Afrika (ECSA) het sy uitvoerende hoof geskors hangende ’n ondersoek oor wangedrag.

Sipho Madonsela

Sipho Madonsela is reeds sedert 2014 die uitvoerende hoof.

Die ingenieursraad sê in ’n verklaring, waarin sy naam nie genoem is nie, die skorsing is van Vrydag 11 Junie van krag.

Gerald Boitumelo Mokgoro is as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

ECSA is ’n statutêre liggaam wat ingevolge die Wet op Ingenieursberoepe gestig is vir die bepaling van die standaarde vir opleiding van ingenieurs en die akkreditasie van opleidingsprogramme, asook die registrasie van ingenieurs.

Die raad moet ook die nodige stappe doen om die publiek te beskerm in hul omgang met geregistreerde persone om die integriteit van die beroep te verseker.

ECSA het in Desember sy nuwe direksie vir die sesde termyn sedert sy bestaan aangewys. Die direksie bestaan uit 47 persone. Mashao Lawrence Lebea is as die nuwe president aangestel.

Meer oor:  Skorsing  |  Wangedrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.