Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Jackie O se landgoed in die mark gesit

Red Gate Farm, wat 40 jaar gelede deur die voormalige Amerikaanse presidentsvrou Jackie Kennedy Onassis as ’n private somereiendom weg van die openbare kollig aangeskaf is, is in die mark vir ’n tamaaie $65 miljoen.

Die voormalige presidentsvrou het in 1968 met die skeepsmagnaat Aristotle Onassis getrou. Volgens Christie’s Real Estate wat die eiendom bemark, het Onassis in 1979 $1,1 miljoen vir die eiendom op die eksklusiewe eiland Martha’s Vineyard in Massachusetts opgedok.

Red Gate Farm se hoofhuis in ’n elegante Cape Cod-styl, waar al die kamers behalwe die eetkamer op die Atlantiese Oseaan uitkyk. Regs is ’n lugfoto van die ongerepte eiendom wat vir sowat 1,6 km aan die Atlantiese Oseaan front.. Foto’s: CHRISTIE’S REAL ESTATE

Die landgoed van 137,5 ha is ná haar dood as ’n erfenis nagelaat vir haar kinders en kleinkinders. Haar dogter, Caroline Kennedy, sê in ’n persverklaring dat haar ma 40 jaar gelede verlief geraak het op die eiendom en dat dit die perfekte plek was vir haar “romantiese en avontuurlustige gees”.

Sy sê die kleinkinders is nou groot en dit het tyd geraak om ’n nuwe familie die geleentheid te gee om die eiendom vir generasies lank te koester.

Christie’s Real Estate beskryf dit as ’n ongerepte seefront-toevlugsoord wat vir 1,6 km aan die skilderagtige New England-kus front. Die eiendom spog met sandduine, twee varswaterdamme, tennisbane, ’n swembad, ’n groentetuin en feetjie-boomhuis.

Toe Onassis dit gekoop het, was daar slegs een struktuur in die vorm van ’n klein jaghut. Sy het die bekende argitek Hugh Newell Jacobson aangestel om die elegante dog onpretensieuse hoofhuis in ’n Cape Cod-styl te ontwerp en ’n twee-verdieping-gastehuis wat in 1981 voltooi is.

Die hoofhuis is ontwerp vir onthaalgeleenthede, van deftig en formeel tot klein en intiem. Die grondvloer behels ’n formele sitkamer met ’n kaggel, ’n woonkamer, ’n gesinskamer, ’n biblioteek, ’n eetkamer, ’n sjefs­kombuis en ’n klein slaapkamer. Al die kamers behalwe die eetkamer kyk op die Atlantiese Oseaan uit. Op die boonste verdieping is vier groot slaapkamers met en suite-badkamers.

Die gastehuis bied ’n bykomende vier slaapkamers en drie badkamers.

Die oorspronklike jaghut bestaan steeds en daar is verder ’n opsigtershuis, ’n boothuis, ’n skuur en ’n stoorgebou.

Indien die eiendom vir die vraprys verkoop, kan dit ’n nuwe rekord wees vir Martha’s Vine­yard, berig The Wall Street Journal.

Meer oor:  Eiendomsveilings  |  Veiling  |  Wêreld  |  Landgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.