Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
James Bond se pistool vir R3,8 m. verkoop
Sean Connery in 1962 as James Bond in “Dr. No”. Foto: Argief

’n Pistool wat Sean Connery in die eerste James Bond-rolprent gebruik het, is Donderdag op ’n veiling in Beverly Hills in die VSA vir $256 000 verkoop.

Dit beloop sowat R3,8 miljoen teen die huidige wisselkoers.

Die semi-outomatiese Walther PP-pistool, wat onskadelik gemaak is, het saam met sy kleiner model, die PPK, een van die bekendste simbole in dié rolprentfranchise geword. Connery het die wapen in 1962 in die rolprent Dr. No gebruik.

Connery, die heel eerste James Bond, is op 31 Oktober vanjaar op 90-jarige ouderdom oorlede.

Julien’s Auctions sê die koper, wat anoniem wil bly, het elke James Bond-rolprent gesien.

Die afslaer het verwag dat die pistool vir tussen $150 000 en $200 000 sou verkoop.

Ander items wat ook onlangs opgeveil is, sluit in ’n helmet wat Tom Cruise in die rolprent Top Gun gedra het. Dit is vir $108 000 verkoop.

’n Swaard wat Bruce Willis in Pulp Fiction gebruik het, is vir $35 200 verkoop. – Reuters

Meer oor:  Sean Connery  |  Pistool  |  James Bond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.