Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Jong kopers ‘spaar minstens 2 jaar vir huis’
Die gemiddelde huisprys in die jaar tot einde Junie was R1,095 miljoen, volgens BetterBond, wat 3,6% hoër is as in die vorige jaar. Foto: Getty Images/Brand X

As jy as jong mens vir die eerste keer die huismark wil betree, sal jy dalk minstens twee jaar vir die deposito moet spaar.

Die gemiddelde deposito wat huiskopers in hul 20’s betaal, is sowat R92 000, volgens die nuutste statistieke van die verbandtussenganger BetterBond. Gegrond op die gemiddelde salaris van nuwelingkopers beteken dit waarskynlik twee jaar van spaar om dié bedrag bymekaar te maak.

“Ons syfers wys dat die gemiddelde nuwelingkoper sowat R37 000 per maand verdien, en as ons aanneem dat hulle 10% daarvan kan spaar, sal dit 25 maande neem om vir ’n deposito van R92 000 te spaar,” sê Shaun Rademeyer, uitvoerende hoof van BetterBond.

“Maar natuurlik is nie almal in staat om 10% elke maand te spaar nie, so dit is waarskynlik dat talle jong kopers wat nou die mark betree, al lank daarvoor beplan en al ’n geruime tyd vir huiseienaarskap spaar,” sê Rademeyer.

“Hierdie tipe verbintenis is bemoedigend en dit is die rede, volgens ons, hoekom die persentasie van aansoeke vir huislenings deur nuwelingkopers steeds toeneem, in teenstelling met wat ’n mens gewoonlik verwag in ’n moeilike ekonomie.”

BetterBond se syfers wys dat nuwelingkopers vir 47,6% van huisleningsaansoeke verantwoordelik was in die 12 maande tot einde Junie, vergeleke met 46% in die vorige 12 maande.

Slegs 29% van die goedkeuring is egter aan hulle verleen. Dit dui daarop dat selfs groot deposito’s nie genoeg is om die banke te oortuig om ’n verbandlening toe te staan as die voornemende koper nie ook ’n foutlose kredietrekord en genoegsame besteebare inkomste het nie, sê Rademeyer.

Mense wat weer koop, toon ook hul vertroue in die mark deur baie groot deposito’s neer te sit, sê Rademeyer. Dit word meestal verkry uit die ekwiteit wat opgebou is met hul huidige eiendom.

Die gemiddelde huisprys in die jaar tot einde Junie was R1,095 miljoen, volgens BetterBond, wat 3,6% hoër is as in die vorige jaar. Die gemiddelde verbandlening wat toegestaan is, was R868 000, oftewel 4,2% hoër as in die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede.

Rademeyer sê dit beteken die gemiddelde deposito was sowat 21%, of R227 000, van die koopprys.

Meer oor:  Shaun Rademeyer  |  Eiendomme  |  Huiskoop  |  Huislenings  |  Verband
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.