Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Jou huis se dak moet 100% reg wees

’n Huis se dak is nie bloot dekoratief nie – dit beskerm die struktuur van die eiendom, sy inwoners, sowel as die inhoud van die huis. Geoffrey Jäck, besturende direkteur van Indawo – ’n borg van Via se opknapprogram 1,2,3 fixit! – deel waardevolle raad met eiendomseienaars. 

As jy in Suid-Afrika bly, weet jy dat ’n dak nie net iets is wat die ontwerp van ’n gebou afrond nie.

Dit is ook ’n huis se eerste – en belangrikste – vorm van beskerming teen ’n strawwe en wispelturige klimaat.

Aanhoudende reën, sterk winde, ’n son wat op die gebou bak en haelskade is alles goed wat die integriteit van jou eiendom kan knou en só ook jou belegging nadelig kan raak.

Daarom is dit belangrik dat jou eiendom se dak veilig en in ’n goeie toestand is ten einde jou hele eiendomsbelegging te beskerm.

Sterk en stewig

Dakstrukture moet stewig wees en volgens streng maatreëls gebou word deur vakmanne wat al die risiko’s verstaan.

Wat die waterdigtheid van die dak betref, moet jy ’n oplossing kies wat spesifiek by jou soort dakontwerp pas.

Plat dakke, byvoorbeeld, verg meer komplekse oplossings as ’n dak wat steil gebou is. Die buitestrukture van ’n huis, gebou of ander eiendom moet altyd beskerm word teen enige water wat dalk mag insyfer.

Eiendom in gebiede wat aan reën en drastiese temperatuurveranderings blootgestel is, moet boonop geverf word en behoorlike waterdigting kry van ’n vaardige span wat van die regte produkte gebruik maak.

Dit is baie maklik vir water om enige gebou of struktuur binne te dring. Dit vind die maklikste roete in en syfer stelselmatig deur dakke en mure.

Die skade – al is dit korttermynskade – kan baie erg wees en jou ’n hele paar rand vir herstelwerk uit die sak jaag.

Nou praat ek nie eers van die meubels en ander huisinhoud wat beskadig word nie.

In sekere gevalle, kan waterskade op lang termyn selfs veroorsaak dat die gebou uit eindelik gesloop moet word.

Met die hulp van waterdigtheidskenners, kan jy die areas op jou dak identifiseer wat vir waterskade vatbaar sal wees.

Dít moet jy doen

Ek stel voor dat eiendomseienaars ’n gestruktureerde instandhoudingsplan opstel en daarvan gebruik maak.

Met die hulp van waterdigtheidskenners, kan jy die areas op jou dak identifiseer wat vir waterskade vatbaar sal wees.

’n Langtermyn-instandhoudingstrategie sluit in dat die buitekant van jou huis en dak gereeld ondersoek word.

Daarbenewens word die eiendom en sy strukture gereeld geverf, die hout beskerm en die eiendom se substrukture (soos die fondasie en kelderverdieping byvoorbeeld) behoorlik in stand gehou.

Hou fyn oog op volgende

  • Dak en sy rande: ’n Dak moet waterdig wees – en dit is ’n aspek van enige gebou wat nooit onderskat moet word nie.

Die dak se rande moet ten volle beskerm word – veral by die geute.

Enige krake in die waterdigting kan veroorsaak dat water by die gebou insyfer. Dít sal die integriteit van jou struktuur in gedrang bring.

Wees op die uitkyk vir verkleuring, enige krake, klammigheid of verf wat afdop.

  • Waterskade: Dit is nogal moeilik om sommer net so die oorsake van waterskade op jou dak te identifiseer.

Die sondaar is nie altyd op die oog af duidelik nie en kan soms meters ver van die skade self aangetref word. Jy kan die spoor of leidrade probeer volg, maar dit sal jou nie altyd na die oorsaak lei nie.

Klein poele water op ’n dak moet ondersoek word. Herstel die area vinnig en sorg dat die water voortaan van die dak afloop en nie opdam nie.

Die areas rondom die dak- en geutskroewe is gewoonlik ’n ideale plek vir water om by die gebou in te lek.

Vlekke op ’n huis of gebou se plafon is gewoonlik ’n goeie aanduiding van waterskade, terwyl mufkolle dalk net deur onvoldoende ventilasie veroorsaak mag word.

  • Dak met swakplekke: Daar is deesdae ’n magdom materiaal en waterdigtingsoplossings beskikbaar wat jou sal help om jou dak te versterk.

Dakke wat geteer is loop die risiko dat die teer kan erodeer of skuif in streke waar die klimaat drasties wissel.

Dakteëls, weer, breek dikwels, metaal roes, en asbes kan gevaarlik wees.

Só sorg jy dat jou gebou veilig bly en jy beskerm ook jou eiendomsbelegging en die opbrengste wat jy moontlik daaruit gaan kry.

Die laaste sê

Dit is van kardinale belang dat jy die instandhouding van jou huis, woonstel of ander eiendom goed bestuur.

Só sorg jy dat jou gebou veilig bly en jy beskerm ook jou eiendomsbelegging en die opbrengste wat jy moontlik daaruit gaan kry.

Deur ’n instandhoudingstrategie te hê, maak jy as ’n eiendomseienaar ’n belofte dat jy toegewyd sal bly aan die toestand van jou eiendom en die beskerming van jou belegging.

Vermy enige waterskade aan jou huis of gebou dus tot elke prys.

Onthou om te kyk!

Nuwe episodes van 1, 2, 3 fixit! word elke Donderdag om 17:30 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 17:00. Die program is op die tydskrif Tuis se Regruk met flair-kompetisie gegrond, en die reusehuisopknap word deur BUCO, TimberCity en Indawo moontlik gemaak. Hou Eiendomme en Netwerk24 vir die duur van die program vir nog interessante eiendomswenke dop.

Meer oor:  Huismark  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.