Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Juweel in hart van Garsfontein

Hierdie eiendom spog met ’n siersteenhuis wat lae instandhouding verg met die perfekte ligting. Dit is loopafstand van die Hoërskool Garsfontein en bied mak­like toegang tot al die hoofpaaie.

Die eiendom bestaan uit ’n pragtige ruim tuin wat rondom die huis vou, ’n dubbelmotorhuis wat groter is as normaal en dan ook twee motorafdakke.

Die tuin het ’n helder swembad en onderdakstoep – perfek om familie en vriende te onthaal. Vir al jou tuingereedskap is daar ’n houthuisie om dit veilig in te bêre.

Hierdie huis in Garsfontein is dalk presies waarna jy op soek is.
Die swem­bad en onderdakstoep.

Die huis self bestaan uit drie groot slaapkamers met gelamineerde houtvloere. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer is onlangs opgeknap vir ’n meer moderne voorkoms.

Die studeerkamer wat uitkyk op die voortuin is perfek vir kinders as ’n speelkamer, of vir ’n kantoor by die huis. ’n Oopplan- kombuis met ontbythoekie vloei in na die leefarea, en om die draai is ’n meer formele leefarea.

Die kombuis bied ook ’n aparte opwasarea met meer as genoeg plek vir drie masjiene en nog ’n yskas ook.

Die hoofslaapkamer.
Die netjiese tuin is maklik om in stand te hou.
’n Gesellige sitkamer.
Meer oor:  Garsfontein  |  Huis Te Koop  |  Eiendomme  |  Toonhuis  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.