Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kaap is gereed vir buitelandse kopers

Die Kaapse residensiële mark skud sy vere reg vir ’n besige toeristeseisoen en hopelik ’n toename in eiendomsaankope deur buitelandse beleggers.

Dié aankope is sedert 2017 deur die waterkrisis geknou en daarna deur die politieke onsekerheid, veral wat betref grondeienaarskap en buitelandse kopers. Eiendomsverkope aan buitelanders vir die jaar tot einde Augustus het R444 miljoen beloop, die laagste vlak sedert 2017, sê Ross Levin, besturende direkteur van Seeff aan die Atlantiese kusgebied en in die stadskom.

“As ons dit na ’n jaarsyfer toe ekstrapoleer, kom dit neer op ’n verwagte R667 miljoen, wat 15% minder as verlede jaar is en 30% minder as die jaarlikse gemiddelde die afgelope vyf jaar.”

Levin sê daar is geen rede hoekom eiendomsaankope deur buitelanders nie kan kop optel nie.

Die Mykonos-ontwikkeling met sy waterkant-eenhede en -huise in Langebaan aan die Weskus is ’n gewilde keuse onder buitelandse kopers.

“Die waterkrisis is iets van die verlede en die regering het dit duidelik gemaak dat die huidige voorstelle vir grondonteiening sonder vergoeding, nie op residensiële eiendom van toepassing is nie.”

Die Kaapse kusgebiede en Wynlande lok veral besoekers en kopers vanaf die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Nederland, die VSA, die Midde-Ooste en Asië. Sommige van die kopers belê in ’n vakansiehuis en verhuur dit terwyl hulle dit nie gebruik nie en vir ander, die sogenaamde swaeltjies, is dit ’n tweede huis om uit die koue Europese winter te ontsnap. Buitelanders koop ook aftree-eiendomme hier.

Volgens die Seeff-groep is daar verskeie vuurwarm beleggingsbestemmings vir die kopers. Dit sluit in die Atlantiese kusgebied en die V&A Waterfront, wat ’n prima gebied is vir buitelandse kopers.

Levin sê buitelandse kopers sal enigiets tussen R2 miljoen en R25 miljoen vir ’n luukse wooneenheid in onder meer Clifton en Kampsbaai opdok en tot R290 miljoen vir ’n weelderige villa in die gebied.

Die swaeltjies belê graag in die Kaapse Wynlande en veral landgoedere, onder meer die Erinvale-gholflandgoed in Somerset-Wes is gesog. Pryse in die landgoed wissel tussen R8 miljoen en R24 miljoen.

Domaine des Anges in Franschhoek is ’n vuurwarm beleggingsbestemming vir buitelandse huiskopers. Die huise tussen olyfboorde en wingerde verkoop vir tussen R8 miljoen en R20 miljoen.

In Franschhoek, ook in die Wynlande, is Domaine des Anges met sy olyfboorde en wingerde gesog onder buitelandse kopers. Pryse in die landgoed wissel tussen R8 miljoen en R20 miljoen.

Die Mykonos-ontwikkeling met sy waterkant-eenhede en -huise in Langebaan aan die Weskus is ook ’n gewilde keuse onder buitelandse kopers. Pryse van eenhede en huise wissel tussen R1 miljoen en R8 miljoen.

Die land bly ’n aantreklike eiendomsbestemming en buitelanders kan steeds vaste eiendom sonder beperkings koop, behalwe dié wat onwettig in die land is, sê Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff Property Group.

Buitelanders kan eiendom individueel, gesamentlik of in onverdeelde aandele koop, sê hy. Buitelandse maatskappye en trusts kan ook eiendom in die land besit, mits hulle in Suid-Afrika as ’n eksterne maatskappy geregistreer is.

“Buitelanders wat verlengde tye in die land wil deurbring, moet aan die bepalings van die Wet op Immigrasie voldoen.”

Buitelandse huiskopers is onderworpe aan dieselfde transaksiekoste as plaaslike kopers, insluitende hereregte.

Geld wat die land ingebring word om eiendomsaankope mee te finansier, is onderhewig aan Suid-Afrikaanse valutabeheer. Buitelandse kopers kan ook plaaslike geld leen om ’n eiendom mee te finansier, maar slegs vir 50% van die waarde van die eiendom.

Meer oor:  Kaapstad  |  Eiendomme  |  Eiendomsmark  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.