Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kaapstad kry in 2020 sy eie ‘Melrose Arch’
Dié voorstelling toon die ligging van Harbour Arch in Kaapstad. Foto: harbourarch.co.za
Harbour Arch sal na verwagting teen 2020 voltooi wees. Foto: harbourarch.co.za

Amdec, die ontwikkelaar wat Melrose Arch in Johannesburg gebou het, gaan nou R10 miljard in ’n soortgelyke ontwikkeling in Kaapstad belê.

Bouwerk aan Harbour Arch begin in die eerste kwartaal van volgende jaar en sal oor ’n tydperk van vyf tot tien jaar in verskillende fases ontwikkel word, het die maatskappy verlede week by ’n bekendstelling in Kaapstad aangekondig. Hulle hoop die eerste fase sal teen die einde van 2020 voltooi wees.

Die ontwikkeling kom op ’n perseel van 5,8 hektaar in Chris­tiaan Barnardweg, in die deel van Kaapstad teen die N1 en N2 waar die motorhandelaars geleë is.

Die Harbour Arch-ontwikkeling in Kaapstad is in die deel van die stad tussen die N1 en die N2. Foto: harbourarch.co.za

Wooneenhede, winkels, restaurante, ’n gimnasium, twee hotelle en ’n groot parkeerterrein gaan alles deel wees van die ontwikkeling. Die eerste fase van die ontwikkeling gaan bestaan uit 432 wooneenhede, ’n swembad vir inwoners, winkels en kantoorruimte.

Heel onder in die gebou gaan steeds plek wees vir die motorhandelaars. Daarna volg sewe vlakke parkering.

’n Uitsig op Tafelberg en Leeukop aan die een kant en die Kaapse hawe aan die ander kant is deel van die aantrekking van Harbour Arch. Foto: harbourarch.co.za

Op die agtste vlak sal ’n park, winkels, restaurante en ’n gimnasium gebou word. Die wooneenhede is heel bo, hoog genoeg vir ’n uitsig.

Die ontwikkeling sal toeganklik wees vir die publiek, nie net die inwoners nie. “Kleinhandel sal nie werk as ons nie mense lok nie,” sê James Wilson, uitvoerende hoof.

Harbour Arch sal ’n ontwikkeling vir gemengde gebruik wees, met winkels, woonstelle en parkering. Foto: harbourarch.co.za

Die goedkoopste woonstelle sal R1,7 miljoen kos. Volgens Wilson het hulle besluit om kleiner eenhede te bou, sodat dit “bekostigbaar” sal wees vir jong werkendes.

Dié deel van die stad is winderig, en ’n windkenner help Amdec met die ontwerp om die wind weg te keer. Inwoners sal hul eie gryswater kan gebruik, en reënwater gaan vir die park se besproeiing opgevang word.

Die ontwikkelaars sê daar sal nie ’n groot impak op die verkeer wees nie, omdat inwoners naby hul werk en winkels gaan woon.

Besoek harbourarch.co.za vir meer foto’s of inligting.

Meer oor:  Amdec  |  Melrose Arch  |  Kaapstad  |  Kaapse Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.