Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kies jou kleur in nuwe hotel

Voel jy ’n bietjie af vandag, Meneer? Kom ons bespreek vir jou plek in ’n rooi kamer.

En vir jou, Mevrou, kan ons ’n beter nagrus probeer verseker deur jou in ’n groen kamer te bespreek?

In ’n nuwe hotel in Amerika is hoe jy voel – of hoe jy graag wíl voel – een van die vrae wat jy moet beantwoord voordat jy ’n kamer bespreek. Dis nou benewens jou keuse uit die grootte van die kamer.

Die Angad Arts Hotel (AAH) in St. Louis, Missouri, het op 1 November sy deure geopen. Die hotel het kamers in vier kleure: rooi, blou, groen en geel.

Die hotel skryf op sy webwerf hy is “die eerste hotel ter wêreld waar gaste hul luukse verblyf kan bespreek nie net volgens die soort vertrek nie, maar ook volgens die emosie van kleur”.

  • Passion Red word gemik op mense wat óf energiek voel óf romanse wil geniet. ’n Kers met eksotiese olies sal jou glo hiermee help.
  • Tranquility Blue-vertrekke het ’n Zen-tuintjie en beloof om jou kalm te maak en te help ontspan.
  • Rejuvenation Green gaan jou glo nuwe energie gee en beter laat slaap.
  • Happiness Yellow is vir dié wat prettig voel.

Daar is al heelwat navorsing gedoen oor die invloed wat kleur op ’n mense se gemoed en selfs fisieke welstand het – dinge soos jou hartklop en asemhaling word wel daardeur beïnvloed. Kleure op kantoor is ook al verbind met verskillende vlakke van produktiwiteit.

Van blou tot rooi... Elke vertrek is basies dieselfde, maar gaan glo ’n ander impak op jou luim hê. Dié foto is van die hotel se klein kamers.Foto’s: Angad Arts Hotel se webwerf
Rejuvenation Green gaan jou glo nuwe energie gee en beter laat slaap.
Passion Red word gemik op mense wat óf energiek voel óf romanse wil geniet.
Happiness Yellow is vir dié wat prettig voel.
Meer oor:  Angad Arts Hotel  |  St. Louis  |  Kleure  |  Hotelle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.