Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Klassieke motors se kopers kies fyn

Beleggers in klassieke en veteraanmotors het die afgelope jaar versigtiger en kieskeuriger geraak, wat die gaping tussen die beste wiele en die res aansienlik laat vergroot het.

Die 1936-Bentley Vanden Plas Tourer is vir £454 250 (sowat R8,5 miljoen) op een van H&H Classics se veilings in Engeland gekoop. Dit is een van slegs ses wat gemaak is en het slegs twee eienaars gehad sedert dit nuut gekoop is.Foto: H&H Classics

Damian Jones, hoof van verkope van die spesialis-veilingshuis H&H Classics in Engeland, sê die mark vir klassieke versamelaarsmotors is kompleks en nie geïsoleer van die ekonomiese omgewing nie.

“Hoewel pryse nie dramaties tuimel nie, dobber hulle geleidelik laer namate die vooruitsigte vir die wêreldekonomie se groei swak bly.”

Motors wat egter vars na die mark toe gebring word, ’n interessante herkoms het en oorspronklik is, word steeds teen rekordpryse opgeraap, sê hy.

’n Goeie voorbeeld is H&H Classics se voertuig van die jaar, ’n 1936-Bent­ley Vanden Plas Tourer, wat in Maart verlede jaar vir £454 250 (sowat R8,5 miljoen) op ’n veiling verkoop is.

Dit is oorspronklik, een van slegs ses wat gemaak is en het slegs twee eienaars gehad sedert dit nuut gekoop is.

Dié tendens is ook in Suid-Afrika se relatief klein mark sigbaar. Clive Lazarus, ’n direkteur van Park Village Auctions (PVA), sê plaaslike versamelaars is bereid om ’n premie vir ’n oorspronklike motor te betaal, maar dit moet ook finansiële sin hê.

Die 1928-Buick met ’n afslaankap, wat in November vir R416 250 op ’n veiling in Stellenbosch verkoop het. Foto: H&H

’n Enorme versameling van 70 veteraanmotors en 100 000 stukke onderdele wat vir dekades op ’n plaas in Stellenbosch gehou is, is in November op die perseel op ’n gesamentlike veiling deur High Street Auctions en Bidway Auction House verkoop.

Joff van Reenen, ’n direkteur van High Street, sê die voertuie wat vir die eerste keer op die mark geplaas is, het entoesiastiese versamelaars van oor die wêreld heen gaande gehad. Die plaaslike bieërs het op die ou end geseëvier en elke motor is deur ’n Suid-Afrikaner opgeraap teen pryse ver bo markwaardes, sê hy.

Meer oor:  H&H Classics  |  Veteraanmotors  |  Veilings  |  Motorveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.