Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Klassieke ‘soldaat’ opgeveil

H&H Classics in Duxford, Engeland, bring op 17 Oktober ’n klassieke 1935 Austin-bakkie, wat aanvanklik op die eiland Arran naby Skotland geregistreer was en in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, onder die hamer.

Die 1935 Austin-bakkie wat in Oktober deur H&H Classics opgeveil gaan word. Foto: H&H Classics

Daar word verwag dat die oorlogsveteraan vir ’n nederige £14 000 tot £18 000 gaan verkoop. Dit is 83 jaar gelede nuut aangekoop deur Mary en Janet Currie, wat dit gebruik het om droë ware op die eiland Arran af te lewer. In 1939 is dit deur die Britse oorlogsdepartement aangekoop vir gebruik in Skotland.

Roger Nowell van H&H Classics sê die ou soldaat is sjarmant. “Die bakkie het harde werk, oorlogsdiens en 30 jaar van stilte in ’n skuur deurgemaak en verdien nou ’n eienaar wat dit sal koester.”

Die bakkie het sy oorspronklike bakwerk, maar ’n vernieude enjin.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.