Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Koop winsgewende sake-eiendom

Verskeie sake-eiendomme met winsgewende beleggingspotensiaal is op BidX1 Suid-Afrika se volgende aanlyn veiling op 6 November te kry.

Onder die eiendomme wat die belangstelling van veral kundige kommersiële beleggers, ontwikkelaars en entrepreneurs gaan prikkel, tel private wildreservate, ’n ten volle toegeruste gasteplaas en ook goed geleë ontwikkelingsgrond in ’n prima nodus.

Die goed geleë ontwikkelingsperseel in Erasmia in Centurion met ’n insetbod van R8,5 miljoen, wat op BidX1 Suid-Afrika se aanlyn veiling op 6 November gekoop kan word.

MC du Toit, uitvoerende hoof van BidX1 Suid-Afrika, sê kundiges weet dat dit nou die tyd is om te koop.

’n Gunstige kopie is ’n goed geleë ontwikkelingsperseel in Erasmia in Centurion. Die perseel van 13,6 ha het ’n insetbod van R8,5 miljoen.

Du Toit sê blyplekke in die gebied wissel van klein wooneenhede vir jong paartjies of enkellopendes tot enorme herehuise vir groot gesinne en dit maak van dié eiendom ’n aanloklike ontwikkelingsgeleentheid.

Nóg ’n noemenswaardige eiendom is ’n private wildplaas in ’n erfenis-reservaat in Waterval-Boven in Mpumalanga, 25 km suidoos van Machadodorp in die Drakensberg-platorand.

Op die plaas van 718 ha is ’n historiese fort wat in die Anglo-Boereoorlog gebou is en ’n kerkhof.

Die eiendom het ’n insetbod van R7 miljoen.

Daar is verder ’n ten volle toegeruste gasteplaas in Montagu in die hart van die Klein-Karoo in die Wes-Kaap.

Dié ten volle toegeruste gasteplaas in Montagu in die hart van die Klein-Karoo in die Wes-Kaap, kom ook op 6 November onder die hamer.

Die plaas, met verskeie geboue op, het ’n insetbod van R6,5 miljoen.

Die verblyf sluit in ’n hoofhuis met vier slaapkamers, ’n selfsorg-gastehuis met slaapplek vir 14 mense en ’n eenslaapkamerkothuis. Daar is ook ’n kampeerplek met ’n lapa.

Du Toit sê ’n interessante beleggingsgeleentheid is nege volverhuurde een- en tweeslaapkamereenhede in ’n siersteenkompleks met lae instandhouding in Eastleigh Ridge in Edenvale met ’n insetbod van R4,5 miljoen.

“Die eiendom is goed geleë halfpad tussen die O.R. Tambo Internasionale Lughawe en die sentrale gebied van Johannesburg en sowat 9 km vanaf die naaste Gautrein-stasie.”

Hy sê as ’n mens die toenemende aktiwiteit en stygende getal bieërs op BidX1 se webtuiste in ag neem, is vertroue in aanlyn aankope op eiendomsveilings aan die toeneem.

Die volledige katalogus en veilingsbepalings is by bidx1.com beskikbaar.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan info@za.bidx1.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.