Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kry artikels van sportlegendes

Sportbewonderaars gaan kan kies en keur tussen aandenkings van sportlegendes op Julien’s Auctions se veiling wat op 25 April in Los Angeles gehou word.

Die legendariese bofbalspeler Willie Mays se sportklere wat hy in 1959 gedra het toe hy vir San Francisco se Giants gespeel het, kan vir tot $50 000 verkoop. Foto: Julien’s Auctions

Drie pare sokkerskoene wat sterspelers op die hoogtepunt van hul loopbane gebruik het is te kry, ’n Olimpiese fakkel wat deur Muhammad Ali gedra is en Pelé se Brasiliaanse paspoort.

Die sokkerskoene sluit in Lionel Messi se goue Adidas-skoene wat hy in 2017 in Madrid in Spanje gedra het toe hy sy 500ste doel in ’n wedstryd tussen Real Madrid en Barcelona geskiet het. Op die buitekant van die regterskoen het Messi sy seun se naam en geboortedatum, asook sy vrou se bynaam geskryf. Die skoene het ’n voorveilingsberaming van tussen $6 000 en $10 000.

Cristiano Ronaldo se Nike Mercurial-skoene wat hy tydens sy debuut by Real Madrid gedra het, word ook aangebied. Dié skoene wat aan die buitekant met sy voorletters geborduur is, kan vir tussen $5 000 en $7 000 verkoop.

Ook word Pelé se Brasiliaanse paspoort wat in Maart 1993 uitgereik is en in Maart 2003 verval het, verkoop. Volgens Julien’s Auctions is dit waarskynlik tussen $3 000 en $4 000 werd.

Die legendariese bofbalspeler Willie Mays se klere wat hy in 1959 gedra het toe hy vir die San Francisco Giants gespeel het, kan vir tot $50 000 verkoop.

Volgens Julien’s Auctions kan bewonderaars die energie en charisma van die artikels voel wanneer hulle dit vashou.

Die sokkerlegende Lionel Messi se goue Adidas-skoene wat hy in 2017 in Madrid in Spanje gedra het toe hy sy 500ste doel in ’n wedstryd tussen Real Madrid en Barcelona geskiet het.Foto: Julien’s Auctions
Cristiano Ronaldo se Nike Mercurial-skoene wat hy tydens sy debuut by Real Madrid gedra het, gaan na verwagting vir tot $7 000 op Julien’s Auctions se veiling verkoop.Foto: Julien’s Auctions
Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.