Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kry jou antieke skat hier

Versamelaars van antieke meubels moet nie AA Auctions se veiling op Saterdag 3 November misloop nie.

Die besonderse detail van een van die meubelstukke wat in ’n skuur in Muldersdrift gekry is.

Dié afslaer bring dan besonderse versamelaarstukke wat in ’n skuur op ’n plaas in Muldersdrift gevind is, onder die hamer. Die stukke, waarvan daar sowat 200 is, is afkomstig uit ’n bestorwe boedel.

Dié versameling sluit in Victoriana, Franse meubels en ander antiekware. Stukke wat enige versamelaar sal gaande maak, sluit in skryftafels, spieëltafels, buffetkaste, staanhorlosies, Oosterse matte en ’n besonderse Franse armoire uit die 1800’s. Barry Prins van AA Auctions is veral beïndruk deur van die gekerfde detail op sommige van die meubels.

Die veiling word om 10:30 by AA Auctions se perseel in Naafstraat, Strijdompark, Johannesburg, gehou. Besigtiging vind vandag tussen 12:00 en 17:00 plaas, asook môre vanaf 08:00.

Vir meer inligting bel die afslaer Barry Prins by 011 793 4668.

Meer oor:  Muldersdrift  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.