Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kry jou eie kasteel in die Vrystaat

’n Bakeneiendom wat sino­niem is met die westelike deel van die Vaaldam-gebied, word môre op 31 Augustus deur Park Village Auctions (PVA) op ’n veiling verkoop.

Castle Marina, soos die eiendom bekend staan, en sy omliggende grond van 13 ha sal die belangstelling van veral ontwikkelaars van gasvryheidseiendom prikkel, sê Jaco du Toit van PVA.

Die kasteeleiendom beslaan sowat twee ha, waarvan die verbeterings 822 m² behels. Die eiendom het die goedkeuring dat dit in ses residensiële waterfronterwe onderverdeel kan word, asook een kommersiële erf waarop die kasteel kompleet met ’n ophaalbrug en ’n grag staan.

Die veiling word op 31 Augustus om 12:00 by Castle Marina (deel 28 van erf 1877) in Union-weg in Deneysville in die Vrystaat gehou.

Die kasteel-eiendom is eerste aan die beurt, waarna die onontwikkelde 12,8645 ha van die grond opgeveil sal word. Daar word op goedkeuring gewag dat die lot in 32 residensiële erwe onderverdeel kan word.

Du Toit sê enigeen wat al die Vaaldam besoek het, het sonder twyfel die kasteel gesien en van sy talle legendariese stories gehoor. “Die eiendom, wat in die 1960’s gevestig is, se gewildheid het in die 1990’s ’n hoogtepunt bereik toe dit in ’n restaurant- en ’n trou-venue omgeskakel is.”

Die kasteel staan al ’n geruime tyd leeg en het onder vandalisme deurgeloop.

“ ’n Koper met ’n arendsoog vir verdienste-potensiaal sal weet dat bykomende investering om die eiendom te herstel en uit te brei om ook akkommodasie in te sluit, tot aantreklike opbrengste kan lei.”

Hy sê troues met tussen 50 en 100 mense waar gaste kan oornag en die volgende oggend ontbyt geniet, blyk deesdae die norm te wees. “Die meeste paartjies wat op trou staan, is op soek na ’n venue wat ver genoeg van die stad af is om soos ’n bestemmingstroue te voel, maar naby genoeg sodat familie en vriende dit kan bywoon.”

Deneysville, aan die oewer van die Vaaldam, is ’n raps meer as ’n uur se ry vanaf Johannesburg. Dit word as die Vrystaat se seiljag-mekka bestempel, maar is ook bekend vir ander buitelug-aktiwiteite.

Die eiendom kan ’n uur voordat die veiling begin, besigtig word.

Vir alle veilingsverwante inligting, bel PVA by 011 789 4375 of besoek gerus die webwerf www.parkvillageauctions.co.za.

Die legendariese kasteel-eiendom aan die oewer van die Vaaldam in Deneysville in die Vrystaat. Op die inlas is die agterkant van die eiendom, wat al ’n geruime tyd leeg staan.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.