Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kry SA kuns in Londen

Die kunswerke van verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan blootstelling aan ’n internasionale gehoor kry by Sotheby’s se komende verkoping van moderne en kontemporêre Afrika-kuns wat op 2 April in Londen gehou word.

Maggie Laubser se Landscape with hut, fowls, pawpaw tree and seated figure, kan na verwagting vir tussen £30 000 en £50 000 op Sotheby’s se komende veiling in Londen verkoop. Foto: Sotheby’s

Dit sal die veilingshuis se vierde opeenvolgende verkoping wees, wat aan skilderkuns, fotografiese werke, tekeninge en beeldhouwerk van kunstenaars uit 16 lande op die vasteland toegewy is.

Werke deur onder andere Maggie Laubser, Peter Clarke, Lucky Sibiya, Dumile Feni, Mohau Modisakeng, Nicholas Hlobo, Alexis Preller en William Kentridge gaan sy aan sy pronk saam met dié van kunstenaars van die wyer Afrika-diaspora soos El Anatsui en Chéri Samba.

Laubser se Landscape with Hut, Fowls, Pawpaw Tree and Seated Figure, kan na verwagting vir tussen £30 000 en £50 000 op die veiling verkoop. ’n Besonderse kunswerk deur Preller met die titel Baule Blolo Bian Figure, het ’n voorveilingsberaming van tussen £15 000 en £20 000.

Die werk is in sy oorspronklike raam wat met Ndebele-krale versier is. Daar word verwag dat Dumile Feni se ink-op-papier-tekening, Dancing Couple, vir £3 000 kan verkoop.

Die hoogtepunt op die veiling gaan een van die kontemporêre superster, El Anatsui, se monumentale bottelprop-muurbehangsels wees. Dié glinsterende werk, getiteld Zebra Crossing kan tot £750 000 op die veiling haal. Die kunstenaar is in Ghana gebore, maar werk en woon al vir jare in Nigerië.

“Wanneer dit by kontemporêre kuns kom, is mense altyd op die uitkyk vir iets nuuts, ’n aanvraag wat dié genre soos ’n handskoen pas,” sê Hannah O’Leary, hoof van Sotheby’s se afdeling vir moderne en kontemporêre Afrika-kuns.

Dié besonderse kunswerk deur Alexis Preller met die titel Baule Blolo Bian Figure het ’n voorveilingsberaming van tussen £15 000 en £20 000. Die werk is in sy oorspronklike raam wat met Ndebele-krale versier is. Foto: Sotheby’s

Sy sê die verkoping van werke deur opkomende en gevestigde kunstenaars uit 16 lande wat ’n kaleidoskoop van kulture en temas weerspieël, is een van die relevantste veilings in die mark vandag. “Afrika-kuns het die afgelope dekade ietwat van ’n renaissance ondergaan, aangevuur deur belangstelling van versamelaars oor die wêreld heen.”

Sedert Sotheby’s sy verkoping van moderne en kontemporêre Afrika-kuns in 2016 van stapel gestuur het, is verskeie nuwe rekords vir Suid-Afrikaanse kunstenaars behaal. In Oktober 2018 het ’n skaars Suid-Afrikaanse kunswerk, A South African Colouring Book deur Gavin Jantjes, ’n rekordprys vir dié kunstenaar op Sotheby’s se veiling gehaal. Dié radikale werk uit die middel 1970’s het vir £77 500 verkoop, terwyl die voorveilingsberaming tussen £40 000 en £60 000 was. Die werk bestaan uit 12 syskermdrukke op papier, wat die kwessies van apartheid aanpak.

Meer oor:  Kunswerke  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.