Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
KYK: Marie Antoinette se juweliersware te koop

Haar luukse lewe het haar, haar kop gekos, maar haar juwele gaan dalk net ’n arm en ’n been kos.

Dit is nou vir beleggers wat die berugte Franse koningin, Marie Antoinette, se juweliersware wil koop.

Die afslaers Sotheby’s sê in ’n verklaring hy gaan in November juweliersware opveil wat aan waarskynlik die bekendste Franse koningin van alle tye behoort het.

Marie Antoinette was met Louis XVI getroud en sy het baie van die juweliersware gekry juis omdat sy met hom getroud was.

Dit was ook sy wat volgens oorlewering in die aanloop tot die Franse Rewolusie gevra het dat as mense kla hulle het nie brood om te eet nie, hoekom hulle dan nie koek eet nie.

Die juweliersware wat enorme pêrels en diamante insluit, het haar egter nie geluk gebring nie.

Sy is op 16 Oktober 1793 tydens die Franse Rewolusie onthoof.

Sy was net 37 jaar oud.

Sotheby’s sê baie van die juweliersware is die afgelope 200 jaar deur niemand gedra nie.

Die vraag is nou – hoe het die juweliersware in veilige bewaring gebly gedurende die Franse Rewolusie?

Sotheby’s sê toe die koninklike familie in Maart 1791 probeer het om uit Frankryk te vlug, het Marie Antoinette die juwele in ’n houtkis gesit en dit via Brussel, België, na Wene, Oostenryk, gestuur.

Hertog Mercy Argentau, ’n vriend, het die juwele ontvang en in bewaring gehou.

Marie Anoinette se dogter, Marie-Thérèse – die enigste lid van die gesin wat nié onthoof is nie – is in 1795 vrygelaat.

Sy het na Wene gereis waar sy die juwele gekry het.

Hier is van die juweliersware wat opgeveil gaan word:

’n Enorme pêrel-en-diamanthangertjie met ’n geskatte waarde van tussen $1 miljoen en $2 miljoen. Die pêrel is 26 mm lank en het ’n stel oorbelle wat daarby pas. Foto: Sotheby's
Pêreloorbelle met diamante. Geskatte waarde: tussen $30 000 en $50 000. Foto: Sotheby’s
’n Pêrelhalssnoer met 119 pêrels. Die knip is met diamante bedek. Geskatte waarde: tussen $200 000 en $300 000. Foto: Sotheby’s
Diamantoorbelle met ’n geskatte waarde van tussen $150 000 en $250 000. Foto: Sotheby’s
’n Borsspeld met ’n groot robyn en diamante. Geskatte waarde: tussen $200 000 en $300 000.Foto: Sotheby’s
’n Skildery van Marie Antoinette.

Meer oor:  Sotheby's  |  Juweliersware  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.