Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
KYK: Pas dié diamant-skoene in jou Kerskous?

Wanneer dit by diamante kom, skroom juweliers en afslaers nie om enorme pryse te vra nie.

Dié week is daar twee unieke produkte wat diamantliefhebbers met stewige bankrekeninge as ’n moontlike Kersgeskenk vir daardie besonder spesiale persoon kan oorweeg.

Die afslaer Christie’s gaan dié week ’n pienk diamant genaamd die Pink Legacy in Genève, Switserland, opveil.

Dié diamant van bykans 19 karaat kan vir tot soveel as $50 miljoen (sowat R715 miljoen teen die huidige wisselkoers) verkoop word.

AFP berig wat dié diamant so uniek maak is omdat die meeste pienk diamante minder as een karaat weeg.

’n Bielie van bykans 19 karaat is dus baie uniek.

Dit het voorheen aan die Oppenheimer-familie behoort wat die diamantmyngroep De Beers gestig het.

Die rede hoekom Christie’s dink hy so ’n groot prys vir die diamant kan kry is omdat hy in 2017 die Pink Promise, ’n pienk diamant van 15 karaat, vir $32,5 miljoen verkoop het.

Skoene

’n Paar skoene wat met pienk diamante bedek is en ’n stewige $4,3 miljoen kos.

As ’n reusediamant en sy duur prys jou nie aanstaan nie, is daar altyd ’n paar diamantbedekte skoene wat dalk as Kersgeskenk kan deug.

Bloomberg berig die bekende ontwerper Jimmy Choo het ’n paar skoene ontwerp wat met duisende pienk diamante bedek is.

Die skoene, wat vir $4,3 miljoen (sowat R62 miljoen) te koop is, gaan dié week in China uitgestal word.

Dit is die duurste item wat Gènavant by die Chinese internasionale ekspo in Sjanghai gaan uitstal. Die modehuis Gènavant behoort aan Choo en sy medeontwerper Reggie Hung.

Gènavant besef egter $4,3 miljoen mag dalk bietjie duur wees vir die meeste verbruikers.

Die modehuis bied dus ’n “goedkoper” opsie ook aan – teen $50 000 (R715 000) per paar.

Meer oor:  Christie's  |  Skoene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.