Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
KYK: Vyf van wêreld se luuksste hotelle in Wes-Kaap

Die Wes-Kaap spog met vyf van die wêreld se luuksste hotelle. Dit is luidens die uitgewer Condé Nast se nuutste lys van 50 luukste hotelle in die wêreld.

Daar is nie ’n enkele hotel op die lys in enige ander provinsie in Suid-Afrika nie.

Die hotelle en hul plek op die ranglys is:

   

7. Twelve Apostles Hotel & Spa, Kaapstad

   

Die Twelve Apostles Hotel & Spa in Kaapstad.Foto: Verskaf

Die bekende hotel tussen Kampsbaai en Llandudno is veral bekend vir die natuurskoon waarin dit geleë is.

“Die kamers is flambojant en het ’n uitsig op óf die see óf die berge,” sê Condé Nast.

Besoekers moet ’n stewige begroting hê om in dié hotel te bly. ’n Enkele nag vir een persoon kos tussen R5 060 en R12 970, afhangende van watter kamer bespreek word.

   

16. La Residence, Franschhoek

   

La Residence op Franschhoek.Foto: Verskaf

La Residence stof hotelle in onder meer Monaco en Santorini in Griekeland uit.

Die hotel is veral vir sy wyn en sy restaurant se spyskaart bekend.

’n Nag vir een persoon in die hotel kos tussen R15 300 en R17 952.

   

17. Birkenhead House, Hermanus

   

Een van die luukse slaapkamers in Birkenhead House op Hermanus. Foto: Verskaf

Die Birkenhead House word deur Condé Nast aanbeveel vir mense wat na walvisse wil gaan kyk.

’n Nag in dié hotel kos R9 600 per persoon.

   

20. Ellerman House, Kaapstad

   

Die uitsig vanaf die dek van Ellerman House in Bantrybaai. Foto: Verskaf

Dié hotel in Bantrybaai spog met kunswerke wat sy mure bykans heeltemal bedek.

Paul Harris besit die hotel en die kunswerke behoort aan die Harris-familie.

’n Nag in dié hotel kos tussen R25 200 en R28 000 per persoon.

   

30. One&Only, Kaapstad

   

Die One&Only Hotel in Kaapstad. Foto: Verskaf

Dié hotel op die Waterfront is reg langs die Twee Oseane Akwarium.

Dit kos R12 100 per nag per persoon om daar te bly.

   

1. La Mamounia in Marrakesj, Marokko

   

Die La Mamounia Hotel in Marrakesj, Marokko. Foto: Verskaf

Volgens Condé Nast is die beste hotel in die wêreld die La Mamounia in Marrakesj, Marokko.

Dié hotel met sy 209 kamers word deur olyf- en palmbome asook 5 000 roosbome omring.

Die spa in dié hotel is ’n enorme 2 500 m² groot.

’n Kamer vir een persoon per nag kos teen die huidige wisselkoers ’n stewige R10 816.

Meer oor:  Condé Nast  |  Kaapstad  |  Franschhoek  |  Hermanus  |  Toerisme  |  Hotelle  |  Toerismebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.