Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Laaste fase van kantoorpark in aanbou

Die finale fase van die gewilde Willow Wood-kantoorpark in Fourways, wat deur Heartwood Properties ontwikkel word, is in aanbou en geskeduleer om in Maart volgende jaar voltooi te word.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die finale kantoorgebou in die Willow Wood-kantoorpark in Fourways, wat tans in aanbou is.

Byna die helfte van die ruimte in die nuwe kantoorgebou gaan deur die multi-nasionale maatskappy Genesys opgeneem word.

Genesys sluit aan by ander firmas soos Regus PLC, ’n Londen-gesetelde maatskappy met gedienste kantore, Cronimet Mining, ’n internasionale mynboumaatskappy, die binnenshuise ontwerpertydskrif Habitat en Cinevation, wat in rolprentadvertensies spesialiseer.

Die kantoorpark se nabyheid aan belangrike padnetwerke, die Lanseria-lughawe, die Cedar Square-winkelsentrum, Fourways Mall, Dainfern Estate en Steyn City, maak dit ’n gewilde keuse onder firmas.

Die bestaande geboue in die ontwikkeling is gedeeltelik met sonpanele toegerus, maar teen voltooiing sal die hele park sonpanele hê.

Onder die geriewe wat in die park beskikbaar is, tel ’n Pilates-ateljee, ’n koffiewinkel, 24-uur-sekerheid en parkeerplek.

Heartwood Properties wat ontstaan het uit ’n gesamentlike onderneming tussen die eiendomsontwikkelaars Brydens Group en Montagu Property Group is ook die eerste eiendomsmaatskappy wat op die nuwe 4 Africa Exchange (4AX) genoteer is.

Meer oor:  Kantoorpark  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.