Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Lae rente help steeds huispryse

Die rekordlae rentekoerse het steeds ’n positiewe impak op die huismark, wys Lightstone se jongste indeks vir residensiële eiendom.

Lightstone se jongste huisprysindeks wys die lae rentekoerse het steeds 'n positiewe impak op die eiendomsmark. Foto: iStock

Teen einde Maart was huispryse landwyd 4,1% beter as ’n jaar gelede, volgens Lightstone se indeks wat in April gepubliseer is.

Die histories lae rentekoerse se positiewe effek is ook te sien in provinsiale huisprysinflasie, waar die meeste provinsies die beste prysstygings in vyf jaar toon, volgens Lightstone.

Ook duurder eiendom wat baie sensitief is vir enige rentekoersveranderinge het begin om ’n herstel te toon.

Kus vs. binneland

Volgens Lightstone is daar nou ook weer ’n groeiende gaping tussen prysstygings aan die kus en dié in die binneland. Eiendomspryse het in ’n stadium verlede jaar ewe veel gestyg – ongeag of dit aan die kus of in die binneland is, en vir ’n paar maande aan die einde van 2019 en begin 2020 het binnelandse eiendom selfs vinniger duurder geword as kuseiendom, wys Lightstone se data. (Let net op: Lightstone se indeks meet kuseiendom as alle huise binne 500 m van die kuslyn af, en die res word alles as binnelandse eiendom gemeet.)

lightstone

Gqeberha wen

Lightstone meet ook huispryse per munisipaliteit, en sy jongste indeks wys binnelandse metro’s soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni se huispryse styg tans rondom 4%, met Ekurhuleni op 4,4% en Johannesburg aan die onderkant van die spektrum op 3,4%.

In kusstede is Gqeberha tans die wenner, met huispryse wat tans daar teen 7,5% styg vergeleke met ’n jaar gelede. Kaapstad (2,1%) en Durban (3,7%) se huispryse styg met minder as 4% volgens dié indeks.

huispryse

Deeltitel

Eietitel-huise presteer nou beter as deeltiteleiendom teenoor ’n jaar gelede, met prysstygings van 4,5% teenoor deeltiteleiendom se 2,9%. Aan die einde van 2019 en begin 2020 was daar nie juis ’n verskil in die prysstygings in dié twee eiendomskategorieë nie, maar losstaande eietitel-huise se pryse het volgens Lightstone se historiese indeks nog meestal sedert 2010 ’n hele paar persentasiepunte beter as deeltiteleiendomme gestyg.

Duurder huise herstel

Die verskil in prysstygings tussen die prysklasse in eiendomme het die afgelope jaar erg gekrimp, wys Lightstone se indeks. Waar laewaarde-eiendom van minder as R250 000 vir vier tot vyf jaar veel beter prysstygings getoon het (tot soveel as 10% per jaar), het dit die afgelope maande verlangsaam en styg dit nou net soveel as eiendom tussen R250 000 en R700 000 teen 5,7%. En terwyl die pryse van luukse huise van meer as R1,5 miljoen sedert middel 2016 veel stadiger as al die ander prysklasse gegroei het, is dit nou terug op dieselfde vlak as die nasionale gemiddelde op 4,1%, en styg dit selfs effe meer as eiendomme van R700 000 tot R1,5 miljoen (3,5%).

Meer oor:  Lightstone  |  Huispryse  |  Residensiële Eiendom  |  Rentekoerse  |  Eiendomsmark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.