Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Leë woonstelle laat huur nou plek-plek daal

Met al hoe meer woonstelle wat leegstaan soos mense óf by familie of vriende intrek om geld te bespaar óf self huis koop, het die gemiddelde huur in Suid-Afrika vir die eerste keer in jare gedaal.

Net 25% van huurders se inkomste is nie geraak deur die Covid-19-inperkings nie. Foto: iStock

Volgens ’n peiling wat die kredietburo Tenant Property Network (TPN) op 15 Februarie gedoen het, is die gemiddelde huur nou 0,75% minder as in die vierde kwartaal van 2020.

Dis net ’n gemiddelde syfer en ’n baie klein daling, wat beteken dat huur waarskynlik nog in baie plekke styg, eerder as daal.

Dit kom nadat slegs die Wes-Kaap in die vierde kwartaal van 2020 ’n gemiddelde daling, van 0,62%, in huur beleef het.

TPN reik aanstaande week sy volledige huurmonitor uit, maar die nuus oor die daling in die huur volg op die agentskap se verslag oor leegstaansyfers vir die vierde kwartaal van 2020. Daarvolgens staan 12,9% van residensiële eiendom wat te huur is, tans leeg.

Die hoogste leegstaansyfer is in Gauteng (14,7%) en die laagste in die Oos-Kaap (6,3%).

Wat huur betref, is die grootste leegstaansyfers vir plekke wat vir minder as R3 000 per maand verhuur word en vir dié wat vir meer as R25 000 per maand verhuur word.

LEES OOK: Huurders gesoek! Skerp styging in leë woonstelle

Michelle Dickens, uitvoerende hoof van TPN, sê hul peiling wys dat byna 75% van huurders se inkomste tydens die inperkings verminder het – 10% wat hul werk en dus al hul inkomste verloor het; 12% wat tydelik afgelê is, maar nou weer hul volle salaris verdien; en 50% wie se inkomste tydelik laer was. Net 25% van huurders se inkomste is glad nie deur die inperking geraak nie.

Hoewel FNB onlangs berig het meer huislenings is in 2020 goedgekeur as in 2019, het TPN bevind 20% minder eiendomstransaksies is by die aktekantoor geregistreer.

FNB se navorsing toon dat dit vir meer mense bekostigbaar geword het om eiendom te koop danksy die daling van drie persentasiepunte in die rentekoers verlede jaar.

Meer oor:  Tpn  |  Huismark  |  Huur  |  Huurders  |  Verhuurders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.