Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Lig jou eiendom se beste kwaliteite uit

Of jy nou ’n residensiële of kommersiële eiendom probeer verkoop, van die beginsels bly dieselfde. Jy moet die koper se belangstelling prikkel. Leon Breytenbach van die Rawson Property Group gee raad.

Wanneer jy residensiële eiendom probeer verkoop, is dit gebruiklik om die huis netjies te maak, goeie meubels ten toon te stel en die reuk van vars blomme en vars gebak in te span om voornemende kopers te lok.

Die meeste kommersiële eiendomseienaars sal egter nie daaraan dink om hul eiendom netjies te maak voordat hulle dit op die mark sit nie. Hoewel die metodes anders is, is dit beslis die moeite werd om ’n poging aan te wend.

Hier volg ’n paar handige voorstelle om kommersiële eiendomme beter te laat vertoon.

Fasiliteer die verkoopproses

’n Potensiële kommersiële koper soek ’n eiendom wat dadelik reg is om te gebruik. Die koper wil nie nog dinge moet regmaak nie.

As alles op die perseel skoon en reg vir ’n nuwe intrekker is, kan dit waarskynlik ’n beter verkoopprys vir die verkoper beteken – heel waarskynlik meer as wat die verkoper moes bestee om alles reg te ruk.

In plaas daarvan om ’n kommersiële eiendom met meubels mooi te maak, maak eerder seker dat die ruimte ontvanklik en ruim is.

Rig dit só in dat die persoon sy onderneming in die ruimte kan visualiseer, eerder as om onnodige toerusting in te dra.

Die atmosfeer

Beklemtoon die natuurlike lig wat die ruimte kry, aangesien dit belangrik is om ’n gesonde en kalm werkomgewing te skep.

As daar nie baie natuurlike lig is nie, maak seker dat al die ligte werk en aangeskakel is wanneer potensiële kopers die perseel besoek.

Die uitleg van die gebou moet ook prakties wees. Tref ’n goeie balans tussen meubels en oop ruimtes.

Enigiets wat jy in die ruimte sit, moet ’n verbetering wees. Onthou: Minder is in sommige gevalle meer. Ligte meubels skep ook ’n goeie atmosfeer, en maak seker dat die ontvangsarea en ingangsportaal netjies en skoon is én ’n goeie visuele impak het. ’n Nuwe laag verf kan wondere verrig.

Afwerkings buite

Sien toe dat daar geen krake by die ingang na die gebou is nie en dat dit goed lyk, want dit is die koper se eerste indruk van die eiendom.

Plant selfs nuwe plante buite die gebou en sorg dat die gras gesny is.

Maak ook seker dat die dak in ’n goeie toestand is en dat al die teëls, geute en pype in hul plek is en niks rondwaai nie.

Lig enige spesiale kenmerke van die eiendom uit wanneer jy dit bemark.

Span positiewe punte in

Lig enige spesiale kenmerke van die eiendom uit wanneer jy dit bemark.

Kantoorruimtes moenie net doeltreffend wees nie, maar ook ’n aangename atmos­feer skep. As daar ’n mooi uitsig is, trek aandag daarna deur die lessenaars voor die vensters te sit.

Groot vensters of hoë plafonne kan uitgelig word deur die blindings of gordyne oop te maak – maar net as daar ’n mooi uitsig is.

Daar is ’n groeiende vraag na gesonder werkplekke en enige aspek wat die werkomgewing verbeter, sal die eiendom ook meer aanloklik maak.

Laaste sê

Vra jou eiendomsagent om ook vooraf deur en om die eiendom te loop en jou attent te maak op enigiets wat jy gemis het. Sekere dinge sal onmiddellik vir ’n ervare koper of agent uitstaan.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.