Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Lombardy laat jou tuis voel
Belê in ’n gesogte boetiekhuis in die Lombardy Lakes-ontwikkeling. Foto: Lombardy

Uitdagende loopbane, streng skedules en digitale oormaat kan oorweldigend wees, maar dit is nooit te laat om met ’n nuwe oog na ons lewenstyle te kyk nie. Om nie net te oorleef nie, maar voluit te lééf is dit nodig om ten minste te mik vir balans in ons daaglikse lewe.

Die geheim lê daarin om ’n hawe te vind waar die natuur koning kraai, ’n plek waar ’n mens kan rus en weer ou batterye herlaai. In dié plek moet rustigheid en ’n gevoel van gemeenskap wagwoorde wees.

As jy ’n plek kan vind waar jy kan ontspan en herlaai, en ook jou liggaam kan voed met hemelse lekkernye, waarvoor meer kan jy dan vra?

Die Lombardy-landgoed en -gesondheidspa, noordoos van Pretoria, is presies so ’n hawe.

Nie net is dit ’n gevestigde landgoed wat ontwikkeling betref nie, maar dit is ook veilig, treffend en uiters rustig. Jy het die geleentheid om hier vir jou ’n tuiste te skep.

Minder as tien boetiekhuise in die Lombardy Lakes-ontwikkeling is steeds op die mark.

Maar jy sal moet opskud aangesien fase 1 van die Lombardy Lakes-ontwikkeling reeds uitverkoop is. ’n Beperkte getal eenhede van fase 2 se tweede vrystelling is nog beskikbaar. Kopers bespaar op oordragkoste wanneer hulle direk van die ontwikkelaar koop.

Om die waarheid te sê, minder as tien boetiekhuise in die Lombardy Lakes-ontwikkeling is steeds op die mark.

Meer as 300 gesinne is reeds gelukkig hier gevestig.

Een van die groot trekpleisters vir voornemende kopers is die topgehalte-veiligheidsinfrastruktuur wat hier op ’n onopvallende manier geïmplementeer is.

Die internasionaal gesogte SAOTA en QTS Architects is agter die strukturele suksesse, terwyl die lieflike tuine die handewerk is van die terreinargitekte Uys & White.

As die spanning van die lewe vir jou net te veel raak, ontsnap na die Soulstice-dagspa op die landgoed.

Die bekroonde Spas of Distinc­tion-groep is aan die stuur van dié spa en jy kan hemelse bederf hier te wagte wees.

Inwoners kan ook gaan smul aan heerlike geregte wat berei is deur die talentvolle sjefs by die landgoed se boetiekhotel.

Moenie die geleentheid misloop om in een van dié gesogte boetiekhuise te belê nie, en onthou die pluspunt dat jy bespaar op oordragkoste omdat jy direk van die ontwikkelaar kan koop.

  • Vir meer inligting, kontak ’n verteenwoordiger van die Lombardy-landgoed en -gesondheid­spa vandag nog. Johan Scheppel: 072 288 3688 | Lizette Leas: 082 929 3225 | Eveline Zinssmeister: 082 041 9181 | Ontwikkelaar: 087 725 5590 | e-pos: info@lombardy­estate.co.za.
Meer oor:  Lombardy-Landgoed  |  Stres  |  Ontspanniing  |  Spa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.