Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Maak seker jy is ingelig oor dié dekking

Deeltitelversekering kan verwarrend wees en as ’n nuwe eienaar is dit belangrik om te weet waarvoor jy gedek is en wie daarvoor betaal. Bill Rawson, voorsitter van die Rawson Property Group, vertel meer.

Foto: pixabay

Deeltitelversekering is ’n regsvereiste vir alle ontwikkelings, wat dit ’n nieonderhandelbare uitgawe maak.

Uitsonderings kan gemaak word as die besondere eiendom se vervangingswaarde verhoog het en die eienaar of sy of haar bank wil verseker dat daar behoorlike dekking is.

Dié bykomende koste sal dan deur die deeltiteleienaar betaal word – bykomend tot die gewone kwota van die versekeringskoste.

Wat dek dié versekering?

Dit moet minstens alle woonplekke en gemeenskaplike eiendom vir die volle vervangingswaarde dek in die geval van byvoorbeeld vloede, aardbewings, gebarste pype en dies meer.

Die meeste spesialisdeeltitelversekeraars verskaf gratis waardasies wanneer nuwe polisse uitgeneem word. Dit moet egter elke jaar voor die algemene jaarvergadering plaasvind en deur die regspersoon hersien word.

Dit is belangrik om te onthou dat deeltitelversekering net die struktuur van residensiële eiendomme dek. Dit sluit enige meubels of dekor uit wat deur die deeltiteleienaar self verseker moet word.

Die akkuraatste manier om jou huisinhoud te verseker is om ’n inventaris op te stel en te bepaal wat elke item se vervangingswaarde is. Dit kan dalk aanvanklik lank neem, maar is redelik maklik om jaarliks by te werk en is die veiligste manier om dispute met jou versekeraar te vermy.

Bly op datum

Soos met enige ander versekering moet deeltitelversekeringspolisse ook jaarliks hersien en bygewerk word.

Die meeste spesialisdeeltitelversekeraars verskaf gratis waardasies wanneer nuwe polisse uitgeneem word. Dit moet egter elke jaar voor die algemene jaarvergadering plaasvind en deur die regspersoon hersien word. Dít skep ’n geleentheid om die dekking te wysig vir goed soos inflasie, stygende boukoste en verbeterings aan die eiendom. Dit is nie ’n slegte idee om elke paar jaar ’n professionele waardasie te laat doen nie – net om seker te maak die dekkingswaarde is nie te ver van die herstelwaarde verwyder nie.

Verstaan jou bybetalings

Dit gebeur soms dat skade aan ’n deel deur ’n ander deel in die skema veroorsaak word.

Dit voel onregverdig om die persoon met die beskadigde eiendom te vra om die bybetaling te betaal en daarom het sommige skemas spesiale maatreëls hiervoor.

Die belangrikste is om goed ingelig te bly oor deeltitelversekering sodat jy vinnig probleme kan uitpluis en makliker ’n eis kan indien.

Meer oor:  Bill Rawson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.