Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Maboneng lok groot belangstelling

Park Village Auctions (PVA) is slaggereed vir sy kolossale eiendomsveiling van 19 eiendomme in Maboneng op 15 April, wat sterk mededinging onder beleggers tot gevolg gaan hê.

Die Rocket Factory, een van 19 eiendomme in Maboneng wat op 15 April deur PVA onder die hamer gebring gaan word.

Jaco du Toit van PVA sê die veilingshuis het ’n stortvloed van navrae van ’n breë verskeidenheid beleggers die laaste paar weke ontvang. “Van eiendomsontwikkelaars tot fondsbestuurders, asook private beleggers en nuwelingkopers, het van hulle laat hoor.”

Hy sê die eklektiese mengsel van potensiële kopers is net so uiteenlopende soos die aantreklike eiendomme in Maboneng.

Daar is verskeie redes hoekom beleggers in die gebied wil belê, waarvan ligging een is. “Maboneng lê net buite die sentrale sakegebied van die middestad van Johannesburg en is maklik toeganklik vanaf verskeie hoofroetes, asook maklik bereikbaar via openbare vervoer.”

Hy sê nog ’n rede is dat die gebied met sy ryk tapisserie van kulturele, artistieke en hipermoderne bestemmings, besoekers van oor die wêreld heen lok.

Die middestad van Johannesburg as ’n geheel geniet tans beleggersvertroue en die herontwikkeling van Jewel City is reeds aan die gang.

Du Toit sê Maboneng wat “plek van lig” in Sesotho beteken, voldoen aan ’n ieder en ’n elk se blink-liggies-ambisie met ’n eindelose vermaakaanbod, waaronder restaurante, avant-garde-kunsgalerye, markte, begeleide toere, vakman-winkels en hotelle. Die gebied bied ook moderne wooneenhede, wat elke begroting sal pas.

Die veiling word op 15 April om 12:00 by The Venue in Melrose Arch gehou.

Vir meer inligting of om die eiendomme te besigtig, bel vir du Toit by 082 798 9476.

Meer oor:  Park Village Auctions (Pva)  |  Maboneng  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.