Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Magdom vragmotors kom onder die hamer

’n Groot aantal vragmotors en sleepwaens, asook verskeie ander los bates, word volgende week deur Mogale Auctioneers op ’n veiling verkoop.

Die Scania-vragmotors is ook op die veiling beskikbaar.

Die bates is afkomstig van die likwidasie van Afri Circle Road Corporation en sal veral die belangstelling lok van diegene wat op die uitkyk is vir gebruikte bates van goeie gehalte.

Dié Mercedes-Benz-vragmotors, wat almal minder as 70 000 km afgelê het, word volgende week deur Mogale Auctioneers opgeveil.

Dit sluit in vyf 2018-Mercedes-Benz-vragmotors, wat almal minder as 70 000 km afgelê het. Daar is ook ’n UD90-vulliswa en vyf 2017-Scania-R410-vragmotors.

Daar is ook vier Tautliner-koppelwaens en ’n verskeidenheid van masjinerie en toerusting, onder meer betonmengers, betonsae, kragopwekkers en vele meer.

Die veiling word op Dinsdag 19 Maart 10:00 te Engelbrecht-laan 1, Oatlands in Krugersdorp gehou. Die bates kan elke dag van Donderdag 14 Maart van 08:00 tot 16:00 tot voor die veiling begin, besigtig word.

  • Vir meer besonderhede, skakel 011 660 3254 of besoek mogaleauctioneers.co.za.
Meer oor:  Vragmotors  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.