Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Markus Jooste se erf in Val de Vie verkoop

Die eksklusiewe erf wat Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, in die luukse Val de Vie-landgoed besit het, is vir R13 miljoen verkoop.

Die Gentlemen’s Estates in Val de Vie. Markus Jooste se erf in die ontwikkeling is pas vir R13 miljoen aan ’n Suid-Afrikaner verkoop.

Dié erf van 3 hektaar in die Paarl-Franschhoekvallei in die Kaapse Wynlande maak deel uit van die landgoed se Gentlemen’s Estates, ’n crème de la crème-ontwikkeling met slegs 17 erwe. Almal is uitverkoop.

Dit is die enigste eiendom in die landgoed wat persoonlik aan Jooste behoort het.

Die nuwe eienaar is ’n Suid-Afrikaner wat reeds in die Wynlande woon en gelok is deur Val de Vie se sekuriteit, wat ’n prioriteit vir die landgoed is.

Ryk Neethling, Val de Vie se bemarkingsdirekteur en ’n aandeelhouer in die landgoed, sê die transaksie is deur Cape Wineland Properties, die landgoed se binnenshuise eiendomsagentskap, beklink.

Lees ook: Harcourts ‘snuffel vir inligting’ oor Val de Vie

Hy sê Jooste het die erf twee jaar gelede vir R10,5 miljoen gekoop en die prys wat nou behaal is, kom neer op “stewige kapitaalgroei”.

Een van die plase binne in Val de Vie. Die Gentlemen’s Estates gaan soortgelyk daar uitsien, net op ’n kleiner skaal.

Huise op die erwe in die Gentlemen’s Estate-ontwikkeling het tipies ’n konstruksiewaarde van tussen R30 miljoen en R80 miljoen.

Neethling sê sedert die erf in die mark geplaas is, was die belangstelling oorweldigend, met navrae ook vanuit die buiteland. Dié eiendomme bied ’n luukse plaasleefstyl, waar daar op klein skaal geboer kan word, binne-in die groter landgoed.

“Dié soort erf val egter nie in almal se kraal nie, so ’n klein boerdery is harde werk en duur om in stand te hou.”

Val de Vie pronk al vir ’n paar jaar heel boaan ranglyste van Suid-Afrika se top- residensiële landgoedere.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Ryk Neethling  |  Paarl  |  Val De Vie  |  Kleinhandel  |  Landgoedere  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.