Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Meesterstuk van Klimt onder hamer
Gustav Klimt se Bauerngarten (blomtuin), ’n ontploffing van kleur wat in 1907 geskilder is. Foto: Sotheby's

Een van die Oostenrykse kunstenaar Gustav Klimt (1862-1918) se meesterstukke gaan die hoogtepunt wees op Sotheby’s se komende aandveiling van impressionistiese- en moderne kuns in Londen.

Dié werk, Bauerngarten (boeretuin), is in olieverf op doek en in 1907 geskilder.

Dit word op 1 Maart opgeveil. Dit is die eerste keer in twee dekades dat dié werk op ’n veiling gesien gaan word.

“Gustav Klimt is vandag een van die gesogste kunstenaars en sy ikoniese meesterstukke word oor die wêreld heen bewonder,” sê Helena Newman, medehoof van Sotheby’s se departement impressionistiese en moderne kuns.

Sy sê Bauerngarten is afkomstig uit die kunstenaar se geliefde goue periode.

“Die innoverende komposisie en die juweelagtige ontploffing van kleur maak dit een van die kunstenaar se grootste werke wat tot nog toe na die veilingsvloer gekom het,” sê sy.

Die meeste van Klimt se olieverfwerke van dié kaliber is in belangrike museums en net ’n handvol het die afgelope dekade op veilings verskyn.

Bauerngarten wat vir die eerste keer in 1908 by ’n kunsskou in Wene uitgestal is, het ’n sensasie veroorsaak en Klimt se status as Oostenryk se voorste kunstenaar bevestig.

Die inspirasie vir dié werk was die landelike tuin van ’n plaaslike boer in die Attersee-gebied, waar Klimt elke somer vir drie maande saam met vriende en familie gaan uitspan het om te skilder.

Landskaptonele is integraal tot sy oeuvreen weerspieël ’n persoonliker en meer eksperimentele faset van sy werk, vergeleke met sy portrette, wat grotendeels opdragwerke was.

Die invloed van die impressioniste en die postimpressioniste is duidelik in sy werk te sien, spesifiek die vermoë van Vincent van Gogh, wat ’n doek met energie kon laat pols.

Tydens sy goue periode het Klimt van sy beeldendste werke geskilder.

Dit sluit in die bekende portret van Adele Bloch-Bauer en Der Küss.

Meer oor:  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.