Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Meesterwerk op solder?

As deel van ’n soektog na meesterwerke gaan twee senior kunskundiges van die internasionale afslaers Bonhams in Augustus gratis kunswaardasies in Johannesburg en Kaapstad aanbied.

Peter Rees, Bonhams se direkteur van 19de-eeuse skilderye, en Chris Dawson, direkteur van moderne Britse en Ierse kuns, maak op 27 en 28 Augustus in Johannesburg ’n draai en sal op 29 Augustus by die Irma Stern-museum in Kaapstad wees.

Rees en Dawson was al telkemale in die land en het heelwat werke opgespoor wat Bonhams suksesvol in Londen verkoop het. Dit sluit in ’n beeldhouwerk getiteld Horse in the Rain V deur die Engelse beeldhouer Dame Elisabeth Frink, wat in 2015 meer as R2,7 miljoen in Londen gehaal het, en When the Boats Come In deur die 19de-eeuse Ierse skilder Walter Osborne wat in 2017 vir meer as R2 miljoen verkoop is.

Dawson sê daar is altyd verrassings.

“Verlede jaar het ons ’n onvermelde olieverfwerk deur David Bomberg ontdek, wat hoogs opwindend was.”

Rees sê 2017 was die suksesvolste jaar tot nou toe vir 19de-eeuse kuns en buitengewone pryse is behaal.

Mense wat ’n afspraak wil maak om hul kunswerke deur die twee kundiges te laat waardeer, kan vir Penny Culverwell kontak by penny.culverwell@bonhams.com.

Meer oor:  Bonhams  |  Veilings  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.