Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Melt Hamman neem leisels tydelik oor by Attacq
Mall of Africa, een van Attacq se grootste en bekendste bates.Foto:

Attacq, wat 80% van die Mall of Africa in Midrand besit, het Melt Hamman as waarnemende uitvoerende hoof aangestel.

Die maatskappy het Dinsdag in ’n verklaring op Sens gesê Hamman, tans sy finansiële hoof, sal van 1 Januarie die leisels oorneem tot ’n permanente aanstelling gemaak word.

Attacq het op 17 Oktober aangekondig dat sy huidige uitvoerende hoof, Morné Wilken, op 31 Desember vanjaar uittree.

Hamman sal steeds aan die stuur van die maatskappy se finansies bly.

Attacq, wat in 2013 genoteer het, is in 2005 uit die eiendomsmaatskappy Atterbury gestig.

Hoewel hy buite Suid-Afrika se grense bedrywig is, bly sy plaaslike portefeulje egter die grootste. Dit is nagenoeg R18,1 miljard werd.

Sy portefeulje bestaan uit winkelsentrums (48,6%), kantore (33,8%), ligte nywerhede (5,2%) en hotelle (2,4%)

Meer oor:  Attacq  |  Atterbury  |  Midrand  |  Mall Of Africa  |  Genoteerde Eiendom  |  Winkelsentrums
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.