Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Meng ’n bietjie oud en nuut . . .

Ontwerpkundiges beveel dikwels ’n slim kombinasie van die hede en die verlede aan vir jou huisdekor.

Dit kan regtig baie treffend lyk as jy kontemporêre items met antieke stukke meng, en ’n 80-20- reë­l is ’n goeie gids om te gebruik as jy dit wil doen.

’n Pragtige vintage meubelstuk, verfraai met verf van jou keuse, is ’n fokuspunt in ’n kamer.

Hou jou ruimtes “in” deur ongeveer 80% van jou items modern te hou en die res vintage of retro. Dit skep ’n balans en help om die fokus te plaas op daardie spesiale stukke, veral as jy ’n eenvormige kleurskema vir die kamer het.

Estelle Nagel van Gumtree SA sê eetkamertafels, stoele en kabinette is die primêre tweedehandse items wat aanlyn beskikbaar is vir dié wat op soek is na iets moois.

“Soliede houtmeubels is ’n uitstekende voorbeeld omdat dit tweedehands baie bekostigbaar is, en dit bring buitendien hope karakter na jou huis.”

Jy kan ook kreatief gebruik wees met kleiner, dekoratiewe items soos vase, tafeltjies, lampe en ligafwerkings, wat almal volop tweedehands beskikbaar is.

Dié wat avontuurlustiger is, kan dalk ’n antieke platespeler, ’n ou neonlig of ’n wiegstoel kies om ’n groot indruk in ’n kamer te maak.

Om items vir jou huis tweedehands te koop, is nie net in die mode nie, dit is ook ’n slim besluit vir jou beursie.

By antiek- of versamelaarswinkels of aanlyn op webwerwe soos Gumtree kan jy stylvolle items van uitstekende gehalte teen ’n baie goeie prys aanskaf. Dikwels moet jy egter net voorbereid wees om ’n bietjie tyd (en dalk geld) te bestee om die items ’n nuwe baadjie te gee.

Nuwe stoffering kan ou meubels splinternuut laat lyk. Foto’s: ISTOCK

Nuwe stoffering kan ’n ou stoel of ottoman heeltemal transformeer – dit kan die stuk op datum bring, maar dit is ook belangrik om die vintage gevoel te behou.

As jy dit laat stoffeer, kan jy die item ook laat inpas by die kleurskema wat jy in gedagte het vir die kamer.

Hout kan jy dit afskuur en verf of vernis, wat dit ook totaal kan transformeer.

Vir silwer- en koper-items moet ’n mens nooit die effek van ’n goeie skoonmaak onderskat nie. As jy inspring met ’n behoorlike skoonmaakmiddel, kan jy hierdie items splinternuut laat lyk.

Moet ook nie skaam wees om ou items met mooi verf by te kom nie. As ’n stuk kan spog met ’n goeie raamwerk (dit beteken jy hou van die vorm en die funksionaliteit daarvan), maar jy voel die kleur is nie van pas nie, raak net kreatief met verf wat jou hart gelukkig maak.

Meer oor:  Huisgids  |  Ontwerper  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.